Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching


Die Heilige Gees (HG) volg op Geestelike Vorming. Dit gaan oor die Persoon en die werk van die Heilige Gees. Sonder die Heilige Gees kan ons nie kinders van God wees nie, en kan ons nie 'n geestelike lewe lei nie. Hy - God die Gees - kom doen dit in ons, en ons taak is om ons aan Hom oor te gee. Die Heilige Gees as tema is soms kontroversieel, maar ons aanbieding is baie in die middel van wat kerke regoor die spektrum leer (en glo my, ek ken dit). Dit is egter nie ekstreem in lering nie, alhoewel die Gees radikaal in ons lewe werk. Die Heilige Gees is God en as God verwag Hy 100% oorgawe. Dis nie ons wat besluit hoe ons met Hom gaan werk nie, maar Hy wat besluit hoe Hy met ons gaan werk. Hy is die agent, nie ons nie. Ewenwel, die temas wat ons deurwerk is soos volg:

 

Inhoud

 

1) Deel Een - Die Heilige Gees is... God in ons, die Gees openbaar God, herskep ons, lei ons, bekragtig ons, vervul ons en maak ons heilig;
2) Deel Twee - Die gawes van die Gees.... Wat is gawes, Bybelse gawes, die Liggaam, ontdek gawes, ontvang gawes, bedien met gawes en ervaar die Heilige Gees;
3) Deel Drie - Heilige Gees temas... Ons doen spesifiek die gawe van tale, staan 'n paar weke stil by die gawe van profesie, doen die gawe van genesing en kyk dan na die Geestelike Stryd.

 

Ons sluit die kursus af deur 'n studie oor die salwing van die Heilige Gees. Die kursus is, soos die eerste, Bybelstudies maar het ook die potensiaal om dit te preek of in kleingroepe aan te bied.

 

Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

 

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.

 

Views: 111

Attachments:

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service