Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Hierdie reeks dagstukkies het ook 'n gepaardgaande kursus DEUR DIE WOORD, waarin ons bv. hierdie week ook oor Moses en die uittog deel, maar bietjie dieper. As jy hierdie week nog vir DEUR DIE WOORD inskryf, ontvang jy die eerste vier dele wat jy gemis het gratis!   Vir meer info oor DEUR DIE WOORD: kliek hier.


LEES

Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.

DINK

Moses is aan die einde van die reis na die Beloofde Land en van sy lewe.  God het gesê hy moet die berg Nebo opgaan, vanwaar mens die hele Kanaän kan sien.  Met daardie blik in sy oë sal hy daar op die berg sterf.  Voor hy egter die berg op is, leer hy die volk vir oulaas die hele wet.  Hy moedig hulle aan om getrou te bly aan God se gebooie.  Hy sê dis nie moeilik of onredelik nie.  Dis nie ver nie, maar naby: in hulle mond en in hulle hart. Dit beteken dat hulle die woorde van God in hulle harte moet hê – nie net om dit te ken nie, maar om dit te WIL doen.  Dan moet dit in hulle mond wees, om dit te bevestig, te bely en daarvolgens te praat.  Vriend, as die Woord vir hulle naby was, hoeveel te meer nie vir ons nie?  God gee sy Gees in ons binneste en maak dat ons sy wil WIL doen.  So, alles is in plek – ons moet dit net doen!  Ons is inderdaad voor ‘n keuse, sê Moses.  God se wil is jou keuse, jou gehoorsaamheid, jou gedrag, jou lewe! Doen dit net – daar is geen verskoning nie.

BID

Ek kies om gehoorsaam te wees, Here!, maar het u krag nodig… Amen.

DOEN

Ons moet leer om met God te deel in ons harte.  Die maklike deel is om jou af te sonder met God se Woord, jou gedagte stil te maak en na binne te fokus.  Daar, in die heiligdom van die Gees, kan jy met Hom praat, en ook sy stem hoor.  Die moelike deel is om te beoordeel wat jy gehoor het, want ons kan ook maar net na onsself luister…  Hierdie groeipad is ‘n lewenslange pad, maar oor en oor die moeite werd!

 

©  2012 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys

Kliek hier vir meer info oor ons kursus DEUR DIE WOORD, wat hiermee saamgaan.

Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis by www.jimileroux.com.

PADLANGS se Engelse weergawe (BY THE WAY) is ook beskikbaar.

Jimi le Roux is op FACEBOOK of lees sy blog by http://jimileroux.wordpress.com.

Het jy kommentaar of ‘n gebedsversoek?  Antwoord gerus!

Stuur hierdie boodskap wyslik aan waar dit welkom sal wees, asb.


Views: 10

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service