Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Hierdie oordenkings is deel van 'n reeks waarmee ons deur die Bybel beweeg in een jaar.  Daar is ook 'n gepaardgaande kursus DEUR DIE WOORD.  As jy nou vir DEUR DIE WOORD inskryf, ontvang jy die eerste vier dele wat jy gemis het gratis!  Vir meer info oor DEUR DIE WOORD: kliek hier.

 

LEES

Die Israeliete sal mekaar seën met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en Manasse.

DINK

Jakob en sy hele familie het by Josef aangesluit en woon nou in Egipte.  Toe Jakob oud is, seën hy al sy kinders en Josef se kinders.  Vir elkeen het hy ‘n spesiale woord – vir Josef se seuns sê hy bv. die bg. – en tot vandag, 3500 jaar later, seën die Jode mekaar en hulle kinders met presies daardie woorde. Dit is baie belangrik dat ons God se seën aangee en ons kan dit soos volg doen – vir ons kinders of sommer enige-een (aangepas van Smalley & Trent se The Blessing):

  • Raak iemand aan – sit jou hand op ‘n skouer, gee ‘n drukkie – mense het dit so nodig;
  • Spreek woorde van waarde – sê wat jy van iemand waardeer, lig sy of haar sterk punte uit;
  • Bevestig ‘n hoopvolle toekoms – die wêreld is so negatief, maar in Christus het ons alle hoop op ‘n wonderlike toekoms.  Sê dat dinge mooi gaan uitwerk, dat die Here sal onderneem;
  • Bid vir so een – hetsy privaat of net daar.  Dis nie net woorde wat jy sê nie, maar ‘n Goddelike Woord:  jy sê wat God sê.  Dis profeties.  Bid dit dan ook in Jesus Naam.

So gee jy die seën prakties aan, vriend.

BID

Here, help my om vandag werklik vir iemand te seën.  Amen.

DOEN

Jy weet nou hoe om die seën aan te gee.  Doen dit met jou kinders van tyd tot tyd formeel, of in situasies waarin jy geestelik leiding neem, bv. ‘n kleingroep.  Jy kan dit ook met enige-een informeel doen, sonder dat hulle dit agterkom, bv. deur hulle (gepas!) aan te raak, deur die bg. met hulle te deel en deur vir hulle te bid.  Dis eintlik ‘n lewenswyse.

 

©  2012 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys

Kliek hier vir meer info oor ons kursus DEUR DIE WOORD, wat hiermee saamgaan.

Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis by www.jimileroux.com.

PADLANGS se Engelse weergawe (BY THE WAY) is ook beskikbaar.

Jimi le Roux is op FACEBOOK of lees sy blog by http://jimileroux.wordpress.com.

Het jy kommentaar of ‘n gebedsversoek?  Antwoord gerus!

Stuur hierdie boodskap wyslik aan waar dit welkom sal wees, asb.

Views: 13

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service