Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Hierdie reeks dagstukkies het ook 'n gepaardgaande kursus DEUR DIE WOORD, waarin ons bv. hierdie week ook oor Moses en die uittog deel, maar bietjie dieper. As jy hierdie week nog vir DEUR DIE WOORD inskryf, ontvang jy die eerste vier dele wat jy gemis het gratis!   Vir meer info oor DEUR DIE WOORD: kliek hier.

 

LEES

Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet.

DINK

Die Israeliete is gereed om uit Egipte te trek.  Hulle moet egter eers ‘n nuwe fees instel.  Op die dag van hulle vlug, teen die middag, slag hulle ‘n vlekkelose lam. Hulle smeer die bloed daarvan aan die deurposte – sodat die dood wat in Egipte toeslaan hulle nie tref nie. Die nag eet hulle die vleis met ongesuurde brood en bitter kruie, wat hulle moet herinner aan die slawehuis. Hulle is reeds aangetrek vir die reis, hul besittings gepak, die kierie in die hand. As Moses die teken gee, begin die reis na Kanaän!  Vir ons as Christene is Paasfees en die uittog groot simbole wat op die geestelike reis dui.  Jesus Christus, die enigste vlekkelose Lam, word gekruisig met Paasfees.  Wanneer al die Jode die paaslammers slag, sterf Hy ook.  Die wat sy kruisbloed deur geloof hul eie maak, kan dadelik die slawehuis van hul eie godsdienstige pogings agterlaat en met Hom op reis gaan na Kanaän. Al wat hulle moet doen, is om by Hom te bly, al is dit deur baie lesse en ook deur die  woestyn. Die Beloofde Land lê voor en dit loop oor  van melk en heuning.  Vriend, baie dringend: is jy op hierdie reis?

BID

Here Jesus, JA, ek wil saam met U reis na die geseënde land wat ook vir my wag.  Amen.

DOEN

Skryf jou verbintenis tot die reis as ‘n gebed in jou joernaal.

 

©  2012 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys

Kliek hier vir meer info oor ons kursus DEUR DIE WOORD, wat hiermee saamgaan.

Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis by www.jimileroux.com.

PADLANGS se Engelse weergawe (BY THE WAY) is ook beskikbaar.

Jimi le Roux is op FACEBOOK of lees sy blog by http://jimileroux.wordpress.com.

Het jy kommentaar of ‘n gebedsversoek?  Antwoord gerus!

Stuur hierdie boodskap wyslik aan waar dit welkom sal wees, asb.

Views: 24

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service