Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

1. PADLANGS KOM NIE ELKE DAG NIE....
Padlangs verskyn net van Maandag tot Vrydag. Ons sluit ook tydens die lang vakansies Jun/Jul en Desember.  Dalk het jy oor die naweek aangesluit en nog niks gekry nie?  Maandagoggend behoort dit daar te wees!

2. PADLANGS KOM DALK NET MôRE WEER....
As jy op 'n sekere dag nie jou oordenking ontvang het nie, is die fout dalk by jou bediener, wat om een van 'n verskeidenheid redes nie pos na jou posbus kan aanvaar of stuur nie. Dan sal jy dit waarskynlik later, of die volgende dag weer ontvang. Dit kan wees dat jou posbus vol is. Jy kan in die eerste plek dus net ‘n paar dae wag en kyk of die diens hervat.

3. JY IS DALK VAN DIE LYS AFGEHAAL....
Pos wat herhaaldelik teruggestuur word as onaflewerbaar, word 'n week of so later outomaties van ons lyste verwyder. As jy dus glad nie meer PADLANGS ontvang nie, nadat jy dalk probleme met jou e-pos gehad het, moet jy net weer op die PADLANGS-lys registreer. Om dit nou te doen: kliek hier

4. PADLANGS WORD HEEL MOONTLIK GEBLOKKEER...
As jy glad nie meer PADLANGS ontvang nie, is dit heelwaarskynlik omdat pos van ons lysprogram geblokkeer word deur ‘n SPAM-filter. SPAM is ongevraagde gemorspos wat dinge adverteer wat jy nie wil hê nie en die internet oorlaai. PADLANGS is egter nie SPAM nie, want dit bestaan slegs uit vrywillige subskripsies. Nogtans is sommige SPAM-filters so sensitief gestel dat pos geblokkeer word…
...wat godsdienstige inhoud het;
…wat inhoud het wat nie relevant is tot die werk nie;
…wat skakels het na eksterne webruimtes;
...wat html inhoud bevat;
...waarvan die header in hoofletters is;

...wat uitroeptekens bevat;

...wat sekere woorde soos "free", "sex" ens. bevat;

...wat begin met "Dear ...";
…wat van ‘n bediener kom wat in die verlede vir SPAM aangemeld is - "greylisted";
Sulke dinge - en daar is ook baie ander, meer tegniese, redes. Mense kan bykans enige pos as SPAM aanmeld (soms per ongeluk) en dan word die betrokke pos blokkeer, en soms ook sommer alles wat van die bediener af kom. Jy kan dus daaronder ly as ander persone SPAM stuur deur ‘n bediener wat jy ook gebruik! Dis 'n baie groot frustrasie. As jy nie meer PADLANGS kry nie, en die bg. is nie op jou van toepassing nie, lê die e-posse dalk doogewoon in jou Spam-, Junk-mail, of Bulkmail-folder. Kyk heel eerste in Outlook of jou webmail program daar. 

 

Wat kan jy doen? Een van die volgende:
4.1 Eerstens kan jy net op jou laaste PADLANGS, wat jy nog het (hopelik) reply, om aan jou spam filter/e-pos program aan te dui dat jy wel daardie pos wil hê;
4.2 Jy kan na jou spam-folder of junkmail folder (Outlook) gaan - jy sal verbaas wees watter briewe vir jou daar lê! In Outlook kan jy na "Actions" gaan, en daarna na "Junk E-mail". Gaan kyk na jou settings en hoe dit daar werk - dis heel eenvoudig. As jy jou dagstukkie oopgemaak het, behoort Outlook ook vir jou die keuse bo-aan die menu te gee om dit as Safe Sender te stel.  Dis die maklikste.

 

ASSEBLIEF: moet Padlangs NIE as Junk Mail by jou stel nie - spamfilters tel dit op en kan dit vir jou blokkeer vir 'n lang tyd en sommer almal wat deur daardie server gaan - 100e mense...  As jy dit nie wil ontvang nie, teken doodgewoon af by die unsubscribe skakel onder aan elke dagstukkie.  DANKIE!

 

4.3 Jy kan 'n mail stuur na julle IT afdeling of internet-diensverskaffer en hulle versoek om PADLANGS te “whitelist”, of by te voeg by die lys van aanvaarbare kontakte. Soms is die fout nie in jou Outlook nie, maar reeds vooraf by jou mailserver. Jy kan ook self, as jy savvy het in die verband na jou mailprogram se control panel gaan en die saak daar (in die spam settings) gaan regstel.

Die e-posse wat gewhitelist moet word is info@jimileroux.co.za; padlangs@jimileroux.co.za, en die in.m1e.net domein. Vir die tegniese ouens: die IP adresreeks 206.112.95.0/26.


Jy kan maar weet dat Padlangs WEL vanoggend van ons af uitgegaan het, en dat die fout iewers in die lyn lê. Soms vra mense: is julle nog daar...? JA, ons is!

Besef maar net hoe moedeloos dit ons maak wat betaal om daagliks e-pos uit te stuur wat dalk al maande nie meer afgelewer word nie. Dit gaan uit, maar word iewers afgekeer. Kan ek oor die algemeen vra om ons dadelik te laat weet as jy nie meer PADLANGS kry nie.


5. PROBEER HIERDIE LYS...Jy kan ook op die volgende lys vir PADLANGS inskryf. Dit is nie so mooi of omvattend soos die lys op die hoofblad (GEEL SKAKEL) nie, maar nuttig vir diegene wat vind dat hulle oordenkings geblokkeer word deur die bg. (MailerMailer) diens. Kliek op die meegaande skakel, vul bloot jou e-pos adres in, wag vir die verifikasie boodskap (wat binne 'n minuut of drie moet kom) en bevestig daarop soos aangedui. Dan is jy ingeskryf !


Subscribe to Padlangs oordenkings - Jimi le Roux by Email

6. EK WIL ANDER DINGE DOEN...
As jy jou besonderhede wil verander of tydelik nie oordenkings wil kry nie....
As jy jou adres wil verander, of vir ‘n tydjie wil staak (“vacation mode”) kan jy een van twee dinge doen. Jy kan jou naam weer op ons website intik, asof jy van nuuts af registreer. Dan sal die lys jou antwoord dat jy reeds geregistreer is, en jou verdere opsies gee. Met daardie opsies kan jy dan veranderinge aanbring of tydelik staak. Jy kan egter ook na http://www.mailermailer.com/x?oid=19909v gaan en die opsies daar volg.

As jy jou bevestigingsbrief weer wil ontvang….
As jy registreer is jou naam “pending” en word ‘n outomatiese bevestigingbrief na jou gestuur. Om jou registrasie te aktiveer moet jy op die brief se skakel, soos aangedui, kliek. Dan sal jy ‘n finale bevestiging ontvang. Dit kan wees dat jy daardie brief per ongeluk uitgewis het. Jy kan ook die bg skakel (http://www.mailermailer.com/x?oid=19909v) gaan en as bestaande lid aanmeld – tik jou e-pos in. Dan sal die bevestigingsbrief weer na jou gestuur word.

Jy kan ook vir my skryf, hoor (soort van 'n laaste uitweg): padlangs@jimileroux.co.za. Sal my bes doen!

Views: 43

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service