Ek is gekwalifiseerd as pastorale berader en ook 'n dosent in beraad aan tersiêre instansies. Pastorale beraad is die begeleiding van 'n persoon met 'n probleem op een van die volgende terreine:
1) Persoonlik of innerlik (emosionele probleme)
2) Verhoudings, gewoonlik huweliksverhoudings, of gesinsprobleme
3) Aktualiserend of eksistensieel: waarheen is ek op pad, wat wil die Here hê moet ek doen
4) Geestelik: verhouding met God, maar ook geestelike of teologiese vrae
Pastorale beraad of voorligting is nie terapie nie, en fokus nie op psigologiese probleme of persoonlikheidsprobleme nie. Ek het vier jaar Sielkunde gedoen, maar dit dien slegs as nuttige agtergrond - ek is geen sielkundige nie. Die unieke klem van pastorale beraad is dat dit geestelik is - die bespreking gaan rondom die Here en sy aanspraak op ons lewens. "Waar pas Hy in die prentjie in?"
Aangesien ons met die medium van die internet werk kan ons ons beraad net in on-ideale omstandighede doen (alhoewel jy enige tyd 'n afspraak met my kan maak in Kaapstad) en sal dus die e-pos gebruik om jou wêreld te verken. Jy is welkom. Ek het 'n selfstudie kursus oor Innerlike Heling opgestel, wat ek sal aanbeveel vir diegene wat daaroor vrae het. Meer besonderhede is op die hoofblad en elders beskikbaar.
Tags:
Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur