Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Mag ek die kursusse gebruik?  Sekerlik - dis ideaal daarvoor! Maar ons het 'n paar reëls, en ek lys dit hieronder:


AAN DIE KLEINGROEPLEIER:
Wat die gebruik van kursusse in kleingroepe betref is ons beleid soos volg:

 

1. Ons is baie bly dat die kursus in die groep gebruik gaan word, en vertrou dat julle groeplede daaruit sal leer en groei;

2. Daar is drie opsies om die kursus te bekom:

  • a. Jy kan persoonlik teen R450 die hele kursus (meeste kursusse) vooruit aankoop en dan aanbied soos jy wil, maar onderhewig aan die bedoeling hieronder (by b) nl. dat elke lid nie 'n uitdeelstuk kry nie;
  • b. Jy kan as vennoot by Padlangs inskryf teen minstens R120 p.m. en dan (onbepaald) elke week ‘n kursus kry, wat jy ook in jou kleingroep kan gebruik. Ons reëling hier is dat die kursus op die wyse bedoel is om die leier toe te rus met temas en materiaal. Jy kan met hulle dan deur die tema gesels, Bybelstudie laat doen, bid en bedien, maar NIE aan elkeen ‘n fotostaat van die kursus maak as uitdeelstuk nie;
  • c. Jy kan die lede inskryf teen helfte van die koste, as jy wil hê dat elkeen ook ‘n drukstuk sal ontvang, bv. vir voorbereiding vir die volgende byeenkoms, of vir bewaring en latere gebruik. In so ‘n geval kan jy met hulle ooreenkom dat julle saam ‘n kursus gaan volg, en dat dit vir hulle R50 p.m. sal kos (vir die duur van die kursus) om die notas te kry – dis bietjie meer as R10 per aand. Jy kan dit dan vir hulle uitdruk in kleur of gewoon en dit sal definitief waarde toevoeg tot die bespreking.

3. As kursusleier ontvang jy die kursus in ‘n sagte (elektroniese) formaat, maar in geen omstandighede mag jy dit in sagte formaat aan kursuslede gee (bv. op CD, geheuestafie, ens. nie). Hulle moet dit in harde formaat (as drukstukke) kry, tensy hulle natuurlik self inskryf by Padlangs, wat verkieslik is.

4. Bydraes van die lede kan by die kursusleier s’n gevoeg word in een maandelikse betaling vir die duur van die kursus – indien so verkies.

5. Kursusleiers aanvaar hierdie beleid en neem verantwoordelikheid om dit ten beste so deur te voer. Bydraes moet steeds nie as betaling gesien word nie, maar as ondersteuning wat ‘n bediening moontlik maak.

6. Sekere kursusse, soos Neem Leierskap en Renovatio is verniet en kan vryelik uitgedruk en uitgedeel word.


Vir die aanbied van die kursusse in jou gemeente is die reëls soortgelyk. Die rede vir die reëls is:

1) om die kopiereg op die inhoud te beskerm;
2) om die inkomstebron van Padlangs Bediening te beskerm;
3) om die standaard hoog te hou.

Ek vertrou dat elkeen sal verstaan dat sulke reëls nodig is. Eer asb. met integriteit die feit dat ander uit hierdie bediening werk en leef. Dit is ons brood en botter. Baie dankie.

Lees weer ons kopiereg en gebruiksbeleid.

Views: 58

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service