Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Andrea het hierdie sonsondergang op Melkbaai hier in die Strand geneem op 6 Mei 2011. Ek het dit geresize na 1280x1024 en die bewoording bygevoeg. Jy is welkom om dit af te laai en as muurpapier te gebruik!


Om te installeer is doodmaklik:
1. Kliek net op die skakel hieronder (wat sê PW-Jul-2011.jpg)- die prent sal aflaai en oopmaak - die lêer is nie te groot nie.
2. Regskliek op die prent wat oopgemaak is en kliek op Set as Desktop Background.
Voila!
Druk op die [<] BACK knoppie om na ons webruimte terug te keer.

Views: 1969

Attachments:

Antwoord hierop

Antwoorde op hierdie bespreking

VERSTAAN TEENOOR VERTROU

 

Hier is die waarheid waarheen ek so dikwels terugkom...  God is groot - so groot dat Hy nie in my agtersak pas nie.  Ek kan Hom nie uit-figure nie.  Hy tree nie op soos ek Hom wil voorspel nie.  Ek het daarvan 'n spreuk gemaak - druk dit uit in kleur en  plak dit voor in jou joernaal, of in jou dagboek waar dit toepaslik is.  Dit lyk so:

 

Om te download is baie maklik:

1. Kliek op die skakel hieronder (wat sê PDS#1.jpg) of die prent hierbo - dit sal oopmaak in jou browser.  Regskliek daarop en Copy of Save As...

2. Daarvandaan kan jy dit op enige blad plak en uitdruk.  Size dit sodat dit mooi in jou joernaal inpas.

Attachments:

IN U WIL IS EK VRY

'n Besluit vir Jesus is 'n besluit vir SY WIL. Dit is oorgawe, kruis opneem.  In sy wil is daar vrede en 'n sinvolle lewe.  In sy wil leef ek die lewe waarvoor ek gemaak is.  In sy wil is ek vry.  Buite sy wil is daar geen vryheid nie - alhoewel dit so mag lyk - maar die bande van die sonde.  Dit is slawerny.  Dink daaroor... ek vertrou die o.s. sal help - plak dit in jou joernaal of dagboek.  Keer terug na sy wil!

Om te download is baie maklik:

1. Kliek op die skakel hieronder (wat sê PDS#2.jpg) - dit sal oopmaak in jou browser.  Regskliek daarop en Copy of Save As...

2. Daarvandaan kan jy dit op enige blad plak en uitdruk.  Size dit sodat dit mooi in jou joernaal inpas.


Attachments:

IN MY SITUASIE

 

Dis so menslik van ons om pynlike situasies te probeer ontsnap.  Ons span al "ons geloof" in om die situasie weg te bid... nie waar nie?  Die Here is egter soms nie so haastig soos ons nie.  Soms moet ons eers die les van die seisoen leer, voor die seisoen sal eindig.  Dalk moet ons eerder die Here die doel van die seisoen vra.  Ek het 'n mini-poster daarvan gemaak.  Druk dit uit in kleur en plak dit in jou dagboek.  Dink daaroor en bid die Here vir die antwoorde - baie sterkte!

Om te download is baie maklik:

1. Kliek op die skakel hieronder (wat sê PDS#3.jpg) - dit sal oopmaak in jou browser.  Regskliek daarop en Copy of Save As...

2. Daarvandaan kan jy dit op enige blad plak en uitdruk.  Size dit sodat dit mooi in jou joernaal inpas.

Attachments:

DIT IS LIEFDE

Ek het hierdie stukkie oor die liefde geskryf vir Leef-tydskrif (Feb 2012) en ek dink die kopiereg behoort aan hulle.  Maar dis nie verkeerd om daaruit vir julle aan te haal nie.  Ek sien ek was geïnspireer deur 1 Kor 13, die Groot Gebod, die Gelykenis van die Verlore Seun, die konsep van agape-liefde, die vrug van die Gees, die evangelie oor die algemeen, die lied Love can build a bridge, seker maar my eie reis en goete en Valentynsdag!  Druk dit uit in kleur en plak dit in jou joernaal.  Ek het...

Om te download is baie maklik:

1. Kliek op die skakel hieronder (wat sê PDS#4.jpg) of die prent hierbo - dit sal oopmaak in jou browser.  Regskliek daarop en Copy of Save As...

2. Daarvandaan kan jy dit op enige blad plak en uitdruk.  Size dit sodat dit mooi in jou joernaal inpas.

Attachments:

WAT VRA GOD JOU ANDERS?

Soms raak dinge bietjie ingewikkeld.  Die wet is kompleks en sluit 100e gebooie in.  Vra God dit nog steeds vir ons? Ons glo nie dis nog alles letterlik vir ons nie, maar dis makliker om op Miga se samevatting van die hele wet te let:  hy sê luister, God vra van jou [1] reg en geregtigheid, [2] liefde teenoor ander en [3] om nederig met God te wandel.  Dis maar dit. Dis die basics.  Onderstaande die Engelse weergawe, wat 'n mooi rym het:

Om te download is baie maklik:

1. Kliek op die skakel hieronder (wat sê PDS#5.jpg) of die prent hierbo - dit sal oopmaak in jou browser.  Regskliek daarop en Copy of Save As...

2. Daarvandaan kan jy dit op enige blad plak en uitdruk.  Size dit sodat dit mooi in jou joernaal inpas.

Attachments:

RISE & SHINE...

Vergeet 'n oomblik van jou self en jou behoeftes.  God se seën skyn oor jou soos die son.  In Hom is al die beloftes van hoop en uitkoms, van oorwinning en voorsiening.  Hy belowe 'n nuwe begin.  Dalk moet jy daarvan reflekteer na ander mense toe - bewys AAN HULLE God se liefde, dra AAN HULLE sy hoop oor, staan VIR HULLE op in geloof.  Die woorde van Jes 6:1 het my nog altyd geïnspireer.  Ek het daarvan 'n mini-poster gemaak - druk dit uit in kleur, plak dit in jou dagboek, bepeins dit en staan dan op vir die Here...

Om te download is baie maklik:

1. Kliek op die skakel hieronder (wat sê PDS#6.png) of die prent hierbo - dit sal oopmaak in jou browser.  Regskliek daarop en Copy of Save As...

2. Daarvandaan kan jy dit op enige blad plak en uitdruk.  Size dit sodat dit mooi in jou joernaal inpas.

Attachments:

RSS

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service