Soos jy weet ontvang ons vennote weekliks een van ons kursusse wat
te doen het met geestelike groei of begeleiding. 'n Vennoot is
iemand wat 'n maandelikse bydrae tot Padlangs se bediening maak.
BAIE BAIE dankie as jy op hierdie manier help. God se Woord gaan
uit, en mense groei in hulle verhouding met Hom.
Dit is waaroor
Padlangs gaan, en waartoe onsgeroep is.
Dit help ons baie om
bydraes gereeld te ontvang omdat dit Padlangs se inkomste
egaliseer en voorspelbaar maak. Om 'n debietorder te teken is 'n
wen-wen, want dit maak jou Padlangs bydrae maandeliks outomaties.
Ek glo dat jy van jou "tiende" hiervoor kan aanwend - dit gaan hier
oor die werk van die Here. Aftrekkings sal op jou instruksie
onmiddelik gestaak word.
LET WEL dat 'n debietorder uit 'n SA bankrekening moet afgaan. As
jy uit die buiteland wil bydra, gaan asb. na die deel waar jy via
jou kredietkaart 'n betaling kan maak (
kliek
hier).
OM 'N DEBIETORDER TEN GUNSTE VAN PADLANGS TE MAGTIG IS BAIE
EENVOUDIG
1.
Kliek hier om die debietordervorm af te
laai
2. Voltooi dit
3. Faks na 0865942851
Baie dankie!
