
Jimi le Roux is...
-‘n
leraar by die Christelike Gereformeerde Kerk in SA, die kerk van sy geboorte, sedert 1990; en in gemeentebediening daar van 1990-2005,
-was afgedeel
as leraar na Mosaïek Gemeente, Johannesburg, 2006-2009;
-‘n
dosent aan die Christelike Gereformeerde Teologiese Seminarium vir die hele bg. periode, en skrywer van kursusse vir sowel die gemeente as die kweekskool;
-gekwalifiseerd in
teologie, sielkunde, opvoedkunde, berading en begeleiding;
-die
skrywer van PADLANGS, daaglikse oordenkings wat sedert 2000 uitgaan.
Waar is ek nou geestelik?
Ek kom al ‘n pad met die Here. Ek is gebore in ‘n huis met ouers wat die Here voluit gedien het en het finaal my lewe vir die Here gegee in St 9. Ek het die Here se roeping beleef terwyl ek met ingenieurswese besig was, en teologie gaan studeer by die CGTS, Unisa en die US, o.a. Daarna is ek bediening toe. Ek is teologies...
-
protestants maar ook post-protestants. Ek bedoel nie dat ek ‘n katolieke of ortodokse Christen is nie, maar dat ek gegroei het om te sien die geestelike wêreld is groter as die protestantisme
-
gereformeerd maar ook post-gereformeerd. Ek bedoel dat my agtergrond en opleiding gereformeerd is, en dit het my gevorm, maar ek kan ook krities terugkyk en die voor- en die nadele van ‘n eeue-oue sisteem sien;
-
evangelies maar ook post-evangelies. Ek bedoel dat ek glo dat elke mens die Here moet aanvaar, maar ek kan ook sien dat God nie met twee mense dieselfde werk nie, en dat ons kitsveranderinge en worsmasjien Christenskap maar versigtig moet beskou;
-
charismaties maar ook post-charismaties. Ek bedoel dat ek die werking van die Heilige Gees beleef het (en ook steeds daardie gawes beoefen), maar dat ek ook kan sien wat is eg en wat nie;
Ek is by die plek waar jy kom as jy hierdie dinge is, maar die reis vir jou voortgaan. Ek is ook al ‘n paar jaar in ‘n bediening met ‘n sterk post-moderne en
emergent aanslag. Dit is vir my baie belangrik. Ek is seker maar 'n
emergent Christen. Maar my groei op die oomblik is met
die kontemplatiewe spiritualiteit – my eie soort waarin my hele verlede steeds teenwoordig is. Ek waardeer die diepte en die wysheid daarvan, die egtheid en die natuurlikheid, die geestelikheid en die aardsheid. Die aktwiteit en die stilte. Die simboliek en ritueel wat God se teenwoordigheid onderstreep. Ek het net begin, maar dit antwoord vir my meer vrae. Dit is ‘n ruimer plek. ‘n Nederiger plek ook, hopelik, want ek is naïewer, ja dommer as wat ek was, toe ek nog meer antwoorde gehad het. Ek wil minder weet, behalwe dat God groot is. En sy liefde en genade alles is. En dat mense vir Hom tél.
Credo in Deum Patrem omnipotentem, Creatorem caeli et terrae. Et in Iesum Christum, Filium eius unicum, Dominum nostrum, qui conceptus est de Spiritu Sancto, natus ex Maria Virgine, passus sub Pontio Pilato, crucifixus, mortuus, et sepultus, descendit ad inferos, tertia die resurrexit a mortuis, ascendit ad caelos, sedet ad dexteram Dei Patris omnipotentis, inde venturus est iudicare vivos et mortuos. Credo in Spiritum Sanctum, sanctam Ecclesiam catholicam, sanctorum communionem, remissionem peccatorum, carnis resurrectionem, vitam aeternam. Amen.