Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching


Ek is 'n gekwalifiseerde life coach (of "lewensafrigter") en het die beginsels van life coaching, 'n baie kragtige begeleidingstegniek in 'n gestruktureerde program omgesit. Die doel was om dit vir die internet en vir self-coaching toeganklik te maak. Lewensafrigting of lewensbegeleiding is ‘n manier om die lewe voller en ryker te leef. Die program behels tans die volgende:

• Oor die verloop van 40 weke stuur ek vir jou weekliks coaching notas per e-pos, waarvoor jy die maandelikse fooi betaal: R120 p.m. om net die notas te ontvang en R200 p.m. om begeleiding per e-pos te ontvang.
• Ons volg ‘n program wat jou stelselmatig deur jou lewe stuur en jou in staat stel om jou lewe te verken en veranderings aan te bring. Ons vermy alledaagshede – ons werk met gefokusde inligting wat jou in staat sal stel om weekliks ‘n betekenisvolle skuif te beleef;
• Met die weeklikse dele is daar oefeninge en/of vraelyste en jy kan dit op drie maniere hanteer:

1. jy kan daardeur kyk en onvoltooid liasseer vir ‘n ander dag – jy het tog reeds iets geleer;

2. jy kan dit voltooi en liasseer en so ‘n coaching portefeulje opbou; of
3. jy kan dit voltooi en vir my terugstuur. Ek sal kortliks daarop kommentaar lewer. En so bou ons ‘n coaching verhouding.

Trouens, ek bly beskikbaar. As jy vir die program ingeskryf is, kan ek saam met jou reis oor enige kwessie wat life coaching raak. Die voordele van die Lewe-program is dus:

bereikbaarheid – lewensafrigting kom na jou toe – nie almal is waar ‘n afrigter is, of het die weeklikse tyd vir coaching sessies nie;
bekostigbaarheid – seker die billikste lewensbegeleiding beskikbaar, maar dit word moontlik gemaak deur die gestandaardiseerde benadering;
beskikbaarheid – jy het inderdaad ‘n lewensafrigter en hy is net aan die ander kant van jou rekenaar.

Dus: professionele lewensbegeleiding, maar op jou terme.

Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

 

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier

 

Lees meer oor wie ek is (CV, agtergrond, ens)...

 

Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.

 

Views: 68

Attachments:

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service