Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Welkom by my webruimte, waar jy kan inskryf by Padlangs, of kan aansluit vir ons kursusse of geestelike begeleiding. Die Here seën jou!

BEGIN HIER!

We will dance - David Ruis

 

Receive a short, free, daily devotion in your inbox. It's one paragraph that will help you start your day the right way - with God! Feel free to sign up - you can unsubscribe at any time! You should receive a confirmation message within 10 minutes or so... just click on the confirmation link.

 

Enter your email address:


Delivered by FeedBurner

 

To read more about By the Way, OR to get previous devotions, OR to subscribe to a RSS feed of By the Way for your blog, etc. (click the RSS icon) click here or write to me at: info@jimileroux.co.za.

Jimi is 'n gekwalifiseerde leraar en berader en geregistreerde begeleier (life coach) en doen die volgende:
1) Lewensbegeleiding en beraad
2) Geestelike begeleiding
3) Konsultasie en fasilitering aan gemeentes (spanbou, strategiese beplanning, ens.)
4) prediking en lering (kampe, retreats, ens.)

Kyk gerus na ons programme in die verband of skryf aan my vir persoonlike beraad en of begeleiding.

Innerlike Heling
Die Lewe Program
Huweliksreis

Meer info oor Jimi

Kyk na ons Geestelike Vrae Forum.

Jimi se BLOG

Loading… Loading feed

 

PADLANGS is kort daaglikse oordenkings in Afrikaans, wat as 'n gratis diens deur Jimi le Roux uitgestuur word. Dit verskyn van Maandae tot Vrydae as 'n e-pos aan diegene wat op PADLANGS ingeskryf is. Die reeks dagstukkies van 2012 staan bekend as PADLANGS DEUR DIE WOORD en ons loop oorsigtelik deur die hele Woord in een jaar.  Ons wil groter insig en waardering kry vir die verskillende Bybelboeke en vir die Groot Boodskap wat God vir ons het... stap die jaar saam met ons! PADLANGS word gelees deur duisende mense regoor die wêreld en bestaan al elf jaar. Skryf gerus in deur op die geel skakel direk hieronder te kliek. Dit kos niks en jy kan ter enige tyd weer afteken. Baie welkom!

 

Hierdie lys het 'n privaatheidsbeleid.
Vir getuienisse deur lesers oor Padlangs kliek hier
Vir vorige oordenkings kyk op hierdie blad of kliek hier

 

As jy probleme ondervind met jou dagstukkies, of vrae het kliek hier.
Vir die VOORWAARDES en BELEID van ons diens kliek hier.

 

(Jimmy le Roux verwys ook na hierdie blad - Padlangs)

Ons kleurvolle kursusse is prakties en relevant en vol geestelike diepte. Wil jy meer leer oor 'n verhouding met God? Oor gebed? Benodig jy toerusting as berader of kleingroepleier? Wil jy jou lewe uitsorteer of jou huwelik aanspreek? Al daardie temas is hier - en meer! Volle besonderhede is te vinde by "Kursusse" op die menu-sisteem bo aan hierdie blad - jy kan ook gratis kursusdele aflaai. Kom nader aan Hom!

Ons kursusse is ons bediening en ook ons bediening se inkomste. Dit gaan weekliks aan diegene wat Padlangs Bediening maandeliks ondersteun (ons VENNOTE) met 'n bedrag van R120 of meer. Op die wyse ontvang ons nie net die finansies om ons bediening voort te sit nie, maar saai ons weer terug in die geestelike lewe van ons vennote. Beskou dit dus
1) as 'n belegging in jou verhouding met God,
2) ASOOK as jou sendingbydrae...

Om in te skryf vir ons kursusse, kliek op die blou skakel direk hieronder (of by "Sign Up" regs bo), sodat ons jou besonderhede kan afneem. Ons sal jou vennootskap bevestig en onmiddelik begin om jou verlangde kursus aan te stuur.

Baie dankie vir jou waardevolle bydrae!


Meer inligting
Vir VOLLE inligting oor HOE ONS KURSUSSE WERK: kliek hier
WATTER KURSUS MOET EK DOEN? Kliek gerus hier...
Of skryf gerus aan my by info@jimileroux.co.za


Wat is die voordeel van ‘n elektroniese oordenking?

Mense kom al hoe minder in die kerk om van die Woord te leer, maar deur die internet gaan die Woord na hulle. Die Woord verskyn direk voor my op die rekenaar.

Die erediens is een maal per week, en as ek dit gemis het, gaan twee weke verby sonder geestelike inset, maar ‘n daaglikse oordenking bou my elke dag geestelik .

Om ‘n boek van oordenkings te koop of kerk toe te gaan kos mense iets (en dis ook reg so), maar ‘n elektroniese oordenking kos my niks.

Om kerk toe te gaan stel mense bloot, veral as ek vreemd is of vrae het, maar ek kan ‘n dagstukkie anoniem en privaat lees en bedink.

In die kerk vind daar ‘n algemene verkondiging van die Woord plaas, maar die internet is ‘n direkte en persoonlike medium – dit is net ek en God se Woord.

In die kerk is daar nie geleentheid om te reageer of vrae te vra nie, maar met die internet kan ek onmiddelik reageer met ‘n kommentaar, vraag of gebedsversoek.

Meeste preke moet onthou word, maar ‘n dagstukkie kan elektronies gebêre of fisies uitgedruk word. Ek kan dit weer en weer lees.

‘n Oordenking maak dit maklik om oor die Here te deel: ek kan die oordenking onmiddelik en feitlik kosteloos vir ander aanstuur om hulle te bemoedig.

‘n Oordenking kan ook verder bedieningswerk doen: ek kan dit gebruik in my kleingroep, of om ‘n vergadering of byeenkoms te open.

‘n Oordenking maak my stiltetyd makliker: ek is reeds by my rekenaar en hoef net te lees, daaroor te dink en te bid - en dit die res van die dag toe te pas!

Die kerk preek net vir ‘n gemeente, maar die oordenking gaan om die wêreld en spreek mense van alle kulture en tradisies aan. Padlangs verskyn in Afrikaans en Engels op ‘n paar forums.

 
 
 

Daar is uitgawes verbonde aan hierdie bediening. Alhoewel die dagstukkies verniet uitgestuur word, is daar maandelikse webkoste, lyskoste en adminkoste betrokke, wat gedra word deur diegene wat hierdie bediening van ons ondersteun. As PADLANGS dus vir jou geseën het, oorweeg dit om ‘n bydrae te maak! Baie, baie dankie.

As jy 'n maandelikse bydrae maak van R120 of meer, word jy 'n PADLANGS vennoot en ontvang jy ons weeklikse kursusse.

Om 'n onmiddelike en maklike elektroniese bydrae te maak, of 'n debietorder te magtig, gaan na die Bydraes-afdeling of kliek hier. Jy kan ook 'n internet betaling (eenmalig of gereeld) opstel deur van die onderstaande besonderhede gebruik te maak.

Rekeningbesonderhede

Rekeningnaam: PADLANGS BEDIENING
Rekeningnommer: 415175380
Bank: Standard Bank
Tak: Helderberg
Taknommer: 051001

Dankie dat jy hierdie werk, wat na duisende uitreik, ondersteun en daardeur ook tot 'n seën is!

Jimi maak bydraes aan Lééf - 'n pragtydskrif saamgestel deur mense wat God liefhet.

 

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service