Oordenkings - afleweringsprobleme


Oordenkings - afleweringsprobleme

Jammer om te hoor dat jou dagstukkies nie (meer) opdaag nie. Die volgende kan dalk help...

1. Onthou, ons oordenkings kom nie elke dag nie....
Oordenkings verskyn net van Maandag tot Vrydag. Ons sluit ook 'n paar weke oor Desember. Dalk het jy oor die naweek aangesluit en nog niks gekry nie? Maandagoggend behoort dit daar te wees! Kyk op ons hoofblad vir 'n aankondiging oor ons sluiting oor die vakansies - die wat reeds dagstukkies kry, word dae vooraf reeds ingelig.

2. Dit is dalk net tydelik

As jy op 'n sekere dag nie jou oordenking ontvang het nie, is die fout dalk by jou bediener, wat om een van 'n verskeidenheid redes nie pos na jou posbus kan aanvaar of stuur nie. Dan sal jy dit waarskynlik later, of die volgende dag weer ontvang. Dit kan wees dat jou posbus vol is. Jy kan in die eerste plek dus net ‘n paar dae wag en kyk of die diens hervat.

3. Jou adres is dalk van die lys afgehaal

Pos wat herhaaldelik teruggestuur word as onaflewerbaar, word 'n week of so later outomaties van ons lyste verwyder. Ons kan ongelukkig niks daaraan doen nie. As jy dus glad nie meer oordenkings ontvang nie, nadat jy dalk probleme met jou e-pos gehad het, moet jy net weer op ons lys registreer. Om dit nou te doen: kliek hier

4. Jou oordenkings word heel moontlik blokkeer...
As jy glad nie meer jou oordenkings ontvang nie, en jou naam is tog op die lys, is dit heelwaarskynlik omdat pos van ons lysprogram geblokkeer word deur ‘n spam-filter. Ons het dikwels probleme met gmail, maar daar is ander sondaars ook...

'n Woordjie oor SPAM

Spam is ongevraagde gemorspos wat dinge adverteer wat jy nie wil hê nie en die internet oorlaai. Jy weet, advertensies vir Viagra, dagga-olie, vals Rolex'e, phishing boodskappe van jou bank (kamtig) of die miljoene wat jy sou gewen of geërf het, sulke goed... Daar word elke dag seker 50 van daardie boodskappe van jou posbus weggekeer. Ongelukkig word sommige deurgelaat en ander, egte pos, word ook afgekeer. Ons oordenkins is natuurlik nie spam nie, want dit bestaan slegs uit vrywillige subskripsies. Nogtans word dit van tyd tot tyd afgekeer. Sommige spam--filters (en mail-bedienaars by werkgewers) is soms so sensitief gestel dat alle pos geblokkeer word byvoorbeeld nie werksgeöriënteerd is nie, wat godsdienstige inhoud het, wat vloekwoorde of verwysings na seks het, wat te veel uitroeptekens, hoofletters, eksterne skakels, grafika, ens. het; wat sneller-woorde soos "free" of "sex" bevat, en vele meer. Daar is ook heelwat tegniese redes.

Ook word pos summier blokkeer op instruksie van spam-programme wat mail-servers inlig oor watter bedienaars as spam aangemeld is of nie. Sulke bedienaars word dan ge-greylist, soos hulle sê, en pos word vir 'n tyd blokkeer. Mense kan bykans enige pos as spam aanmeld (soms per ongeluk) en dan word die betrokke pos blokkeer, en soms ook sommer alles wat van die bediener af kom. Jy kan dus daaronder ly as ander persone spam stuur deur ‘n bediener wat jy ook gebruik. 

Wat kan jy doen om jou oordenkings te kry? Verbasend baie...

  • Kyk heel eerste in jou Junk E-mail (of Spam Mail) folder. As dit daar is, stel dit as Safe Sender. Soek vir 'n skakel op die menu of op die e-pos (probeer regskliek) wat sê "Not Spam" of "Set as Safe Sender" of so iets. Soms moet jy die e-pos oopmaak voor jy dit kan doen. Jy kan dit ook met Gmail doen, soek in die Spam Folder vir die e-pos, en stel dit dan bo by die menu (of elders) as Not Spam. In sommige programme kan jy dit doodgewoon na jou Inbox sleep.
  • Jy moet ons afsend-adres in jou kontaklys opstel onder Daaglikse Stilte, Padlangs, Jimi le Roux, of wat jy wil. Die adres moet egter reg wees: tans info@jimileroux.com (maar stel ook info@jimileroux.co.za en oordenkings@gmail.com op, as jy probleme het). Gmail, byvoorbeeld, se "whitelist" is eintlik maar sy Contacts lys - maar dit moet die Gmail Contacts wees. Regskliek doodgewoon op die afsender se naam en adres as die pos oopgemaak is, en jy sal die opsie kry om dit te "Save as contact". Jy kan dit ook doen sonder dat jy al pos van ons gekry het: (1) as jy die Gmail app gebruik (die groot rooi M), soek die Contacts by die Google Apps regs bo op die blad ('n blokkie van 9 blokkies). Voeg dit dan daar by. (2) By Outlook is die Contacts deel van die E-pos program, saam met Calendar, ens. Daar is dit baie maklik.
  • Jy kan ook op die oordenking in jou Junk Mail reply, om aan jou spam filter/e-pos program aan te dui dat daardie pos oukei is. Ja, reply met 'n leë e-mail, maar hoekom leeg, skryf vir ons hoe dit gaan! Anders kan jy van die laaste oordenkings wat jy gekry het af reply. Hierdie metode is minder werd as die ander.
  • Jy kan ons oordenkings in elk geval as Safe Sender opstel. Dis eintlik baie belangrik. (1) In Outlook is dit weereens maklik, want daar is Junk, of Junk E-mail opsies beskikbaar bo by jou menu. Stel info@jimileroux.com of die hele domein jimileroux.com daar as Safer Sender. (2) Met Gmail is dit die beste om 'n filter op te stel: Daar is twee maniere:
    • Gaan na "Settings" (die ratjie), dan (bo by die Menu) na "Filters and Blocked Addresses" en "Create a new filter". In die FROM veld kom ons adres (info@jimileroux.com, doen sommer die ander ook) en by Create kom dan "Never send it to Spam". Skep dan die nuwe filter met 'n finale kliek.
    • As jy in Gmail is op die web, kan jy die laaste boodskap wat jy gekry het oopkliek. Dan kan jy by die boonste ry menu-items heel regs kliek op die drie kolletjies (“More”) en dan op “Filter messages like these”. Dan kies jy (aan die onderkant) “Create filter”, en dan “Never send it to Spam” en dan weer “Create Filter”.
  • Jy kan op ons oordenkings inskryf op 'n ander adres, natuurlik. Kry vir jou nog 'n adres en stel dit ook op in jou Outlook of selfs jou Gmail (ja, jy kan) ... OF
  • Jy kan 'n rekenaar-outjie vra om jou te help om die bg. te doen! Die inligting betreffende Gmail (die meerderheid van ons adresse) is hier (2022): https://www.whitelist.guide/gmail/

Jy kan maar weet dat ons oordenkings WEL vanoggend van ons af uitgegaan het, en dat die fout iewers in die lyn lê. Soms vra mense: is julle nog daar...? JA, ons is! Kan ek oor die algemeen vra om ons dadelik te laat weet as jy nie meer oordenkings kry nie. Ons kan kyk wat gaan aan en probeer help. Soms het ons geen beheer daaroor nie - maar het darem die volgende plan gemaak:

5. Ek wil afteken

As jy jou intekening wil staak, skryf gerus net vir ons. Ons sal dit sonder omhaal verwyder. Jy kan egter ook onder enige dagstukkie op die unsubscribe-skakel kliek.

Kontak ons gerus vir enige ander probleem!

.