Berading en Begeleiding


Berading en Begeleiding

Ek is ‘n gekwalifiseerde berader (US, UNISA) en begeleier (NWU). Ek het pastorale beraad gedoseer aan ‘n tersiêre instansie en is die skrywer van kursusse oor lewensbegeleiding, innerlike heling en die huwelik.

Ek geniet alle beraad, maar doen die laaste tyd baie huweliksberaad. Berading en begeleiding verskil soos volg:

  • Berading is 'n gesprek waarin ons 'n spesifieke probleem bespreek met die oog op begrip en oplossings.
  • Lewensbegeleiding is 'n gesprek waarin ons die toekoms bespreek in terme van opsies wat ooreenkom met wie jy is.
  • Geestelike begeleiding is 'n gesprek waarin ons jou verhouding met God en jou lewensroeping bespreek.

Ons het ook kursusse wat begeleiding bied op 'n geprogrammeerde wyse. Kyk gerus op ons webruimte.

Berading en begeleiding kan virtueel plaasvind of in persoon. 'n Persoon tot persoon-gesprek is 'n ryker ervaring en bied meer geleentheid vir verhouding-bou, maar virtuele gesprekke maak berading beskikbaar van enige plek af. Berading in persoon word gewoonlik aangebied by Die Bron-Gemeente, Willowbridge Sentrum (oorkant Tygervallei Sentrum), Durbanville. (Dit is in die noordelike voorstede van Kaapstad). Afsprake kan nie noodwendig na-ure gedoen word nie, alhoewel probeer word om kliënte tegemoet te kom.

Ons benadering is in beginsel Christelik, alhoewel enige-een welkom is by ons berading.

Berading word teen ‘n fooi gedoen. Doen gerus hieroor navraag. Ons probeer altyd om die probleem kortliks en effektief te hanteer.

Berading help ons

  • om ons hart te deel teenoor ‘n begrypende en respekvolle persoon,
  • om ons probleem beter te verstaan deur dit deur te praat i.t.v. oorsake, funksionering en opsies,
  • om met ons maat te praat op ‘n veilige manier d.m.v. ‘n neutrale arbiter,
  • om voorligting en direksie te ontvang waar toepaslik, en
  • om ons probleem na die Here te neem vir leiding en heling.

In die bg. opsigte is die beradingsgesprek baie effektief en word dit as helend en bevrydend beleef. Om beraad op te soek is ‘n daad van verantwoordelikheid, volwassenheid en beheer-neem in ‘n moeilike situasie.

Kontak ons gerus vir enige verdere vrae by die bg. e-pos adresse, of deur die webruimte se kontakvorm.

.