Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

LEES

Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het!

DINK

Salomo bou die mees fantastiese tempel wat ooit bestaan het en wy dit op luisterryke wyse in.  In sy gebed sê hy hierdie wyse woorde.  Hy weet dat die Here nie fisies in sy tempel sal woon nie, want Hy is te groot – per definisie kan niks, maar niks God bevat nie.  Salomo weet dit.  Waarom dan ‘n tempel bou?  Wel, die tempel gee struktuur aan Israel se toewyding, dis ‘n fisieke plek om hulle geloof uit te leef, dis ‘n hulpmiddel!  God laat toe dat hulle Hom op daardie manier dien.  Vriend, let op: ons geloof het ‘n vorm en ‘n inhoud.  Ons skiet dikwels die strukture, die vorms af – ons sê dis blote tradisie, dooie rituele, ens.  Maar daar is altyd ‘n vorm – almal bid en sing tog op hulle sekere manier? Dalk dink ons ons vorm is beter as ander s’n, maar dit bly ons vorm en ja, ons godsdiens en tradisie.  Ook ons evangeliese en/of charismatiese tradisie is ons “tempel” waarbinne ons die Here aanbid. Natuurlik moet vorme kan aanpas en verander, maar nog belangriker is wat IN daardie vorme gebeur:  dit moet ‘n lewende verhouding  met God en opregte en praktiese geloof fasiliteer,  anders is selfs daardie hedendaagse tempels waarlik leeg.

BID

Here, vul ons godsdiens met u teenwoordigheid, anders is dit niks… Amen.

DOEN

Moenie jouself kul om te dink dat net ander, “dooie” kerke tradisies het nie.  Ons klou maar net so lekker vas aan ons manier van kerk hou, ons tipiese geestelike taal, ons interpretasies en dogmas. Ja, ons is dikwels eintlik nogal hoogmoedig daaroor, selfs arrogant…  sorg dat julle tempel vol liefde is, vriend.  DIT is die vrug van die Gees se werking.

 

©  2012 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys

Kliek hier vir meer info oor ons kursus DEUR DIE WOORD, wat hiermee saamgaan.

Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis by www.jimileroux.com. PADLANGS se Engelse weergawe (BY THE WAY) is ook beskikbaar.

Het jy kommentaar of ‘n gebedsversoek?  Antwoord gerus!  Stuur hierdie boodskap wyslik aan waar dit welkom sal wees, asb.

Jimi le Roux is op FACEBOOK of lees sy blog by http://jimileroux.wordpress.com.

Views: 16

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service