HIERDIE WEEK: HOOR GOD SE WOORD
LEES
U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.
DINK
God gee vir ons sy Woord om ons te leer wat Hom behaag en wat ons moet doen om waarlik te lewe. Sy Woord kom na ons op twee maniere:
· Jesus Christus is die Woord wat God tot die mens gespreek het 2000 jaar gelede. Ja, Jesus is in ‘n sin die volledige en finale boodskap van God aan die mens. Alles wat God aan ons wou oordra is in Jesus Christus. God sê Wil jy weet hoe Ek is? Kyk, Ek is soos Jesus! Wie Jesus verstaan, verstaan God se hart volkome;
· Die Bybel is ook God se Woord. Die belangrikste wat die Bybel vir ons leer is werklikwaar oor Jesus, en dan gee dit ook vir ons die agtergrond tot sy koms (Ou Testament) en die gevolge en implikasies van sy koms (Nuwe Testament).
Vriend, sonder die Bybel kan ons nie verstaan wat God vir ons wil sê nie. Ons moet, moet, moet dus die Bybel lees. Kry vir jou ‘n lekker-lees Bybel en ‘n Bybellees-roetine. Kry ‘n vaste plekkie en ‘n vaste tyd. Sit met die Woord. Lees dit – hardop is baie goed – bestudeer dit, bid dit! Dit is jou kaart en kompas vir die lewe.
BID
Here, help my om so ‘n roetine met die Woord te ontwikkel. Amen.
DOEN
Kry so ‘n roetine, vriend! Hier is ‘n coaching-wenk: Moenie met iets groot begin nie, maar met iets klein. Die uitdaging is nie om baie te lees nie, maar om gereeld te lees. Tien minute voor werk, of oor etenstyd is goed.
© 2010 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys
Jy is welkom om op hierdie boodskap te reageer.
Jy is welkom om hierdie boodskap aan te stuur.
Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis (geel skakel) by www.jimileroux.com.
Vind ons ook op FACEBOOK vir die Engelse weergawe van PADLANGS: BY THE WAY.
Tags:
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur
.