Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

HIERDIE WEEK: HOOR GOD SE WOORD

LEES

Filippus het daarheen gehardloop en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees.  Hy vra toe vir hom: “Verstaan u wat u lees?” Die Etiopiër antwoord: “Hoe sou ek kon as niemand it vir my uitlê nie?”

DINK

Dit is baie belangrik om die Bybel te lees, het ons gesê, want dit is God se woorde aan ons.  Oor die algemeen is die Bybel heeltemal duidelik vir almal om te verstaan.  Meeste van die tyd is dit ons wat dit ingewikkeld maak.  Maar soms is daar wel moeilike dele.  Hoe moet jy te werk gaan om die Bybel te lees en te verstaan?   Kry vir jou ‘n Bybel waarin jy aantekeninge kan maak.  Jy het ook gekleurde penne en ‘n notaboek of joernaal nodig. Begin by een van die evangelies en volg ‘n vaste leesprogram.  Lees ‘n hoofstuk of twee op ‘n slag – niks meer nie.  Onderstreep alles wat vir jou belangrik is en maak kantaantekeninge of kruisverwysings.  Gebruik verskillende kleure vir verskillende temas. Jy moet my Bybel sien!  Skryf dan die hoofgedagte of les of boodskap in jou joernaal.  As jy enige vrae het, of iets moeilik teëkom, kan jy ‘n aantekening in jou joernaal maak.  Daaroor kan jy jou leraar uitvra – dis immers sy werk!  Kyk ook in ‘n geestelike boekwinkel vir ‘n boek (‘n “kommentaar”) wat vir jou meer lig werp op die teks.  Vriend, om oor die Bybel te lees in boeke is ver nie so waardevol om die Bybel self te lees nie!

BID

Here, maak U Woord vir my oop, soos ek u Woord oopmaak.  Amen.

DOEN

As jy begin met ‘n Bybelstudie-roetine, mik om elke dag (of andersins op gereelde basis) ‘n deel te lees.  Jy sal die Bybel op die wyse oor so drie jaar kan deurlees.

 

© 2010 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys

Jy is welkom om op hierdie boodskap te reageer.
Jy is welkom om hierdie boodskap aan te stuur.

Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis (geel skakel) by www.jimileroux.com.
Vind ons ook op FACEBOOK vir die Engelse weergawe van PADLANGS: BY THE WAY.

Views: 1

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service