Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

HIERDIE WEEK: HOOR GOD SE WOORD

LEES

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

DINK

Daar is twee maniere om die Bybel te lees en ons het altwee nodig.  Die een is die objektiewe, rasionele manier - Bybelstudie.  Ons merk die Bybel en maak aantekeninge; ons gebruik kommentare en hulpmiddels.  Hierdie manier gee ons meer kennis van die Bybel.  Dit is belangrik want sommige wat ywerig is om die Here te dien sukkel om goeie en slegte lering van mekaar te onderskei omdat hulle nie kennis het van die Woord nie.  Die ander manier is die subjektiewe, geestelike manier.  Dit is ook baie belangrik, want kennis opsigself gaan nie jou lewe verander nie.  Ons het nie net informasie nodig nie, vriend, maar transformasie!  Gaan soos volg te werk: as jy die Bybel lees, doen dit baie stadig, biddend en diep.   Lees heeltyd met die innerlik vraag: Here, wat wil U vir my sê?  Die oomblik as jy iets raaklees wat jy voel God se spesifieke woord vir jou, vandag, in jou omstandighede is, stop eers.  Lees dit weer oor, nog dieper.  Bepeins dit dan:  Wat beteken dit vir my, wat moet ek doen?  Laat dit diep in jou gees ingaan en bid dit dan deur met die Here.  Dit is geestelike lees.

BID

Kom o Heilige Gees,  verlig u Woord en druk dit op my hart.  Amen.

DOEN

Skrifmeditasie kan ook behels dat jy jou inleef in die Bybelgebeure in.  Gebruik al jou fakulteite en verbeel jou jy is deel van die storie.  Hoor die gesprekke, ruik die see, sien die mense.  Voel die son as jy ook agter Jesus aanstap!  Laat Hy omdraai en die Bybelwoorde direk aan jou meedeel.

 

© 2010 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys

Jy is welkom om op hierdie boodskap te reageer.
Jy is welkom om hierdie boodskap aan te stuur.

Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis (geel skakel) by www.jimileroux.com.
Vind ons ook op FACEBOOK vir die Engelse weergawe van PADLANGS: BY THE WAY.

Views: 0

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service