HIERDIE WEEK: HOOR GOD SE WOORD
LEES
Die bepalings van die Here... is soeter as heuning, as druppels uit ‘n heuningkoek.
DINK
Die Woord van God moet nie net gehoor en verstaan word nie, maar ook in die hart ingaan. Dit moet ‘n krag in ons binneste word en ons lewens verander – van binne na buite! Ons lees juis dat die Woord lewend is en in ons siel en gees kan ingaan en daar ons gedagtes en motiewe kan beoordeel. God se Woord moet heeltemal deel van ons motiewe, denke en dade word. Hoe kan dit gebeur? Wel, lang blootstelling aan die Woord laat dit gebeur, maar die volgende is ook belangrik:
· Memorisering: as ons die waarheid van die Woord herhaal, gaan dit van die korttermyn geheue na die langtermyn geheue, en van die verstand na die hart. Memoriseer dus die Skrifte wat vir jou baie beteken! Dit is baie waardevol in ‘n tyd van behoefte.
· Meditering of Skrifbepeinsing is om een deeltjie van die Woord diep te laat ingaan. Ons bedink dit van alle kante, rol dit rond in ons gedagtes, herhaal dit met verskillende klem, en laat toe dat die waarheid daarvan in ons gees afsak. Die ou kerkvaders het gesê meditasie is om die Skrif te “kou”.
Neem die Woord en “eet” dit! Laat dit deel word van jou lewe.
BID
Dankie Here, vir u Woord. Help my dat dit my geestelike energie word. Amen.
DOEN
Begin om die Skrif te memoriseer. Begin by die Ons Vader, Psalm 23 en Psalm 121. Die Ou Vertaling is so mooi poëties – ideaal vir memorisering!
© 2010 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys
Jy is welkom om op hierdie boodskap te reageer.
Jy is welkom om hierdie boodskap aan te stuur.
Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis (geel skakel) by www.jimileroux.com.
Vind ons ook op FACEBOOK vir die Engelse weergawe van PADLANGS: BY THE WAY.
Tags:
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur
.