Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

HIERDIE WEEK: HOOR GOD SE WOORD

LEES

“Waarom vra jy my uit oor wat goed is?  Daar is net Een wat goed is.  Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.”

DINK

Die Woord van God is nie primêr bedoel vir informasie oor God, Jesus Christus, die lewe, die dood, die ewigheid, ens. nie.  Nee, dit is veral bedoel as krag vir die transformasie van ons lewens.  Daarin het ons natuurlik ‘n rol om te speel.  ‘n Verhouding met God behels immers twee persone.  Hoe gebeur dit?  Wel, ons neem die Woord doelbewus in as ons geestelike voedsel: ons sit dit in ons mond deur dit te lees, ons kou dit deur dit te bepeins, ons sluk dit deur vir God daaroor “ja” te sê in gebed, en ons laat dit dan in die stilte deel word van ons krag.  Dan, gaan DOEN ons dit.  Soos kos ons energie gee om op te tree, gee die Woord (saam met die Heilige Gees) ons die vermoë om gehoorsaam te wees.  Onthou, die doel is nie om net te eet en te eet nie – die doel is om in die wêreld betrokke te wees namens God.  In die skool, werk, gemeenskap, ontspanning, oral leef ons doelbewus as getuies vir God!  Ja, die Woord verander ons, en verander deur ons die wêreld.

BID

Here, maak my gehoorsaam aan u Woord.  Amen.

DOEN

Laat die Here vir jou iets uit sy Woord onderstreep.  Gaan doen dit dan uit gehoorsaamheid, al is dit op ‘n klein manier.

 

© 2010 PADLANGS deur Jimi le Roux – Addisionele Lys

Jy is welkom om op hierdie boodskap te reageer.
Jy is welkom om hierdie boodskap aan te stuur.

Inskrywing op PADLANGS se hooflys is gratis (geel skakel) by www.jimileroux.com.
Vind ons ook op FACEBOOK vir die Engelse weergawe van PADLANGS: BY THE WAY.

Views: 0

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service