Ek het 'n interessante vraag gehad oor die versoeningsleer. Wat het Christus kom doen op aarde en aan die kruis. HOE het Hy ons met God versoen? Het Hy ons ewige, onbetaalbare skuld teenoor God betaal, het Hy ons uit die kake van die duiwel kom red, het Hy ons van die duiwel se reg op ons losgekoop? Dit was interessant dat die Bybel nie so duidelik hieroor is as wat ons dink nie, en dat ons algemene beskouing hieroor "maar" net 1000 jaar oud is, en dat dit nie noodwendig deur die ouer kerke aanvaar word nie. Ek het daaroor gaan lees en iets geskryf. Dalk is jy die persoon vir wie dit interessant is.... dit is aangeheg hieronder