Vraag
Die vraag van 'n jeugleier was hoe sy moet antwoord op jeug se moeilike vrae oor (1) hubbly bubbly, (2) body piercings (3) Goth musiek en (4) veelrassige huwelike...
Antwoord
Ek dink daar is eintlik drie gesprekke nodig met die jongmense...
Gesprek een
Ek dink mens moet heel eerste vir mense probeer wegstuur van die gedagte dat reg en verkeerd iewers in ‘n wet lê wat elke fynste detail uitspel. Dit lei tot die gedagte dat mens ‘n saak kan en moet vat tot so na as moontlik op die rand van die sonde en dan is jy mos nog steeds ok. Dis ‘n tegniese en eksterne benadering tot reg en verkeerd. Dis wat die Fariseërs ook gedoen het met honderde reëls. Die maklikste is natuurlik om sommer alles te verbied: geen rook, geen drank, geen vryery, geen dans, geen popmusiek, ens. As jy egter sien dat dit nie gaan werk nie (en dit gaan nie) moet jy lukrake strepe iewers begin trek: hoeveel sigarette is ok, tot waar mag ek vry, wanneer mag ek wat drink, watter tattoeërings is aanvaarbaar en wanneer – watter dans is in, watter uit en op watter musiek. En elke ou trek sy streep waar hy dink goed is (en wie moet ons nou eintlik glo?). Jesus hou glad nie van die hele benadering nie. Vir Hom gaan dit oor die hart. Hy sê jy kan veilig binne in die (mensgemaakte) reëls bly, maar jou hart kan steeds ver van God wees. Hy wil hê ons moet in ‘n verhouding met God wees en dan vir HOM vra wat HY dink is vir ons goed. Verhouding kom voor alles, en om Hom te behaag is die belangrikste. Die vraag moenie wees “Hoe ver kan ek dit tegnies push voor dit sonde is” nie, maar eerder “Wat kan ek doen om God te behaag met my lewe?” Dit is twee verskillende rigtings. Ek dink die eerste gesprek wat mens moet voer is die bg. een. Hoe belangrik is God vir my?
Gesprek twee
Die tweede gesprek moet wees hoekom wil jy dit doen – en ek bedoel nou rook, drink, piercings kry, ens.? Jongmense doen dit (1) om in te wees of (2) om hul onafhanklikheid uit te druk of – ek sal doen wat ek wil – of (3) om te rebelleer. Ek dink daar is ‘n nuttige gesprek hierin oor die feit dat adolessente onttrek van hul ouers se identiteit ten einde hul eie identiteit te vind maar dan deur ‘n tussenfase gaan waarin hul hul portuurs se identiteit aanneem as ‘n soort brug na ware self-identifisering as iets unieks. “In wees” raak dus baie belangrik maar kan tot verkeerde besluite lei wat permanente nagevolge het, bv. middelmisbruik, swangerskap, tattoërings, ens. Ek dink ‘n plek waar tieners met begrip hul frustrasies kan deel oor die ouerhuis, die establishment en alles wat so vreeslik outyds is en kan lug teen WAT hulle nou eintlik rebelleer sal al baie help om hul deur die fase te kry sonder skade. Daar is ‘n begrypende jeugleier en geestelike mentor goud werd.
Gesprek drie
Dan eers kan mens die gesprek voer oor die spesifieke punte en die volgende is my persoonlike opinies:
Ek wil ook nog iets skryf oor ‘n ander populêre vraag van jongmense – nl. hoe ver mag ons vry, maar dit later.
Tags:
Permalink Reply by Francois on May 27, 2011 at 7:54
Permalink Reply by Jimi le Roux on May 30, 2011 at 18:24
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur