Vraag: Kan mens met jou kinders TE genadig wees? My kinders is 8, 6 en 19 mnde.
Antwoord:
Genade is ‘n goddelike ding, en op die regte manier bedoel kan daar nooit ‘n TE wees nie. Daar is nie iets soos TE veel liefde nie, as ons daardeur ook verstaan dat liefde soms nee sê, soms tough love is, dikwels dissipline behels, ens. Soos met genade beoog dit vir ons net die beste – maar nie noodwendig die aangenaamste nie!
Die vraag gaan oor ons kinders en ek dink dit gaan oor dissipline. Wat is die verband tussen dissipline en genade? Waar hou gehoorsaamheid op en waar begin genade? Kom ons dink so daaraan:
Ek dink dit is wat ons by God ook ervaar. God se genade bedek ons sonde en tekortkomings. Dit bedoel egter nie dat ek sorgeloos in my verkeerdheid voortaan, want ek maak 100% staat op God se genade nie. Of dat ek geen poging tot gehoorsaamheid aanwend, want ek weet by voorbaat ek sal dit tog nie regkry nie. Ek word wel onvoorwaardelik aanvaar, maar die Here se liefde wil my laat uitgroei uit my foute en geite. Sy genade en liefde vir my moedig my aan om meer te word wat ek kan wees. Maar waar ek misluk, vang sy genade-vangnet my.
Kinders moet dus met baie liefde, en met liefdevolle, ferm dissipline grootword. Gehoorsaamheid en respek is ononderhandelbaar. Jou kindertjies is natuurlik baie klein (8jr, 6jr, 19mnde) en die verwagtings en dissipline moet nooit onredelik of onvanpas vir hulle ouderdom wees nie.
Tags:
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur