“Bekeer jou!”
Dit is Jesus se boodskap vir die mense (Mat 4:17) – ook vir my en vir jou. Ons moet dit nie te ingewikkeld maak nie, want ons sien by Jesus is dit eintlik ‘n heel eenvoudige reaksie.
Bekering is om die volgende 100% eerlik te bedoel:
1. Daar is ‘n ernstige leemte in my lewe. Ek weet daar is dinge wat verkeerd is. Ek wil klaarkry met ‘n lewe wat om myself draai.
2. Ek het God regtig nodig in my lewe. Ek wil ‘n lewe leef waarin Hy nommer een is. Ek wil baie graag doen wat Hy van my verwag.
3. Ek erken dat Jesus God se Gestuurde is, wat vir ons die pad na God oopgemaak het deur aan die kruis met sy lewe vir ons skuld en oortredings te betaal.
4. Ek wil ‘n volgeling van Jesus Christus word en doen wat Hy vra en doen wat Hy gedoen het.
Om jou te bekeer is om
1. die bg. in jou hart te bedoel,
2. dit aan God te sê (in ‘n gebed),
3. om werklik te begin om ‘n lewe te leef soos Hy wil hê en
4. om daarmee vol te hou al gebeur wat.
Die volgende sal jou baie daarmee help:
Beskou jouself as ‘n volgeling van Jesus en vertel dit gerus vir ander. Moenie skaam wees nie. Skryf asb. aan my as jy jou bekeer het.
Lees verder oor bekering (kliek op die volgende skakels):
Ek wonder steeds oor my/ander se bekering : ek wil meer lees
Tags:
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur