Die vraag:
Na die diens verkoop die vroue van die gemeente in die voorportaal allerhande koeke, terte en eetgoedjies. Dit lyk behoorlik of die "Huis van die Here" 'n "handelshuis" geword het... Is dit reg? Jesus het mos in Joh 2 die handelaars uit die tempel gejaag.
Antwoord:
Dankie dat jy bekommerd is oor hierdie dinge en begaan is om die Here reg te dien
Persoonlik dink ek nie die leierskap van julle kerk het ‘n verkeerde besluit geneem nie, omdat
Ten slotte, ek sou dus nie sê dat Joh 2 vir ons sê om nie op die kerkgronde of op Sondae iets te verkoop nie. Daar het dit gegaan oor 'n grootskeepse geldmakery uit die geestelike behoeftes van mense. Dit gaan nou nie meer oor gebed nie, maar oor profyt. Nie oor God nie, maar oor ons; nie oor die Gees nie, maar die vlees. Ek dink dus wat die teks wel sê is dat dit ook vir ons nie oor geld moet gaan nie – baie godsdiens gaan oor geld maak uit gelowiges, en dit kan wel wees dat ons iewers die grens oorskry en sê wag ‘n bietjie, hierdie is nou net een groot geldmakery. Dis wanneer ons soos Jesus die sweep moet inlê.
Ek weet ons tradisie is om die Sondag net soos die Sabbat te hanteer, maar dis nie eintlik Skriftuurlik korrek nie (ons doen egter Sondag tradisioneel glad nie net soos die Sabbat-voorskrifte was nie, nie eens naastenby nie, maar baie het die koop/verkoop deel behou.)
Dis my interpretasie van die teks – ek hoop dit bring vir jou vrede.
Tags:
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur