Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching


Ek het 'n boek geskryf!

Ek het ‘n paar jaar gelede, toe my kinders nog so op die grens van tienerwees was gesoek na ‘n “goeie boek” om hulle in die hand te gee, jy weet, soos my pa met my gemaak het om my meer in te lig oor die feite van die lewe. Ek is so bly dat daardie boek nie meer bestaan nie - dit was donkiesjare gelede, natuurlik, nou nie iets “modern” soos “Wat Seuns wil weet nie”. O nee, hierdie boek het die hele saak van seks uitgemaak in swart en wit terme: aan die een kant hoe die toorn van die Here, blindheid, ens. jou kan slaan as jy nie oppas waar jy vat nie en aan die ander kant hoe verhewe en subliem die heilige "huweliksdaad" is en hoe dit ons gees kan veredel. Sjoe. In elk geval, toe ek iets op die rakke van die geestelike boekwinkels gesoek het, was daar niks toepaslik nie – absoluut niks! Ek het toe besluit om self iets te skryf. ‘n Paar jaar het verbygegaan en toe het ‘n uitgewery dit aanvaar vir uitgawe. Kan jy glo?  Daar is 'n weergawe beskikbaar vir seuns en een vir meisies - die beskrywings, raad, ens. is mos teenoorgesteld (soms)...

Die prys is R75 per boek plus R25 posgeld.   Bankbesonderhede is op die hoofblad.

Ek mik daarmee om die volgende te bereik:

Die “naakte” feite, natuurlik, reguit en eerlik, alles by die naam genoem (en selfs geskets – maar nie deur my nie)! Ons antwoord sommer al daardie lastige vrae. Die boek is geslagsvoorligting vir ouens en meisies van so 12 of 13. Dit is nie TE eksplisiet nie en dit glorify ook nie seks nie - glo my, dis wat 'n pa vir sy dogter en seun hieroor wil sê.
Hope humor – die enigste manier hoe ek weet hoe om oor sulke dinge te praat! Die hele aanbieding is lig en snaaks en sommer in die taal van die kinders. Dit is ook nie outyds nie – dit is die boodskap vir vandag.
Ons morele Bybelse raamwerk. My uitgangspunt was dat seks God se saak is, en dat Hy ‘n plek daarvoor het, nl. die huwelik. Die hoofoogmerk van die boek (en dis waarmee die boek afsluit) is nie net inligting nie, maar ‘n oorgawe van ‘n jong hart aan die Here.
 
Ek weet nie of jy geweet het nie, maar ek is ‘n gekwalifiseerde voorligting-onderwyser en dit, saam met die feit dat ek ‘n leraar, berader en bowenal ‘n PA is, het my laat voel dat ek maar iets kan skryf. Dit is deur ‘n mediese dokter deurgegaan. 

 

Onthou, as ons nie ons kinders leer nie – die wêreld is besig om hulle te leer sedert hulle TV kyk en hou aan hulle ‘n heeltemal ander prentjie voor! Ons MOET op ‘n reguit manier waardes by hulle inprent. Omdat dit ongemaklik is om met ons kinders oor seks te praat, bly ons stil en gee so stilswyend “goedkeuring”. ‘n Vriend van my wat met die berading van kinders werk sê dat ons geen idee het wat kinders weet en doen nie (onthou ‘n selfoon is die internet in jou kind se hand) en dat ons van 10 jaar oud dringend aandag aan hierdie tema moet gee. Hierdie boekie maak dit heelwat makliker. Let egter op dat my boek gerig is op 12 jariges of tot so 15.

Bestel dit gerus vir jou kind en gee dit vir hom of haar sommer nog voor Krismis. Koop sommer ook een vir jou vriend se kind, of stuur die boodskap aan die wat jong kinders of tieners het. Gaan na die "Kontak ons" op die menu hierbo en skryf vir ons jou bestelling.  Sodra ons jou geld ontvang het, gooi ons die boekie in die pos!  Spesifiseer asb. vir SEUNS of vir DOGTERS.

Ek bid die Here dat menige jong mens baie pyn gespaar sal word deur die boek te lees en die regte keuses te maak, en dat baie baie ook ‘n nuwe verbintenis tot die Here sal maak. Sal dit nie wonderlik wees nie?

Op die onderstaande skakels is twee uittreksels uit die boek. Lees dit gerus!

Kliek bloot op die skakels vir die download.

Views: 269

Attachments:

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service