Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

 

Die huwelik benodig konstante werk en inset.

 

Ek het al verskeie kursusse oor die huwelik opgestel en aangebied en saam met Maryke ook heelwat bygewoon. Hierdie een is volgens my die beste van almal en ook my persoonlike benadering tot huweliksberaad.  Dit het die volgende kenmerke:

  • dit is prakties en relevant.  Ek wil kondenseer wat prakties werk, al kom dit nie met baie teorie en agtergrond nie.  Moenie misverstaan nie - dit gaan nie oor truuks en tegnieke nie, maar in 'n program soos hierdie gaan dit nie oor pastorale teologie of kommunikasiekunde nie. Dit moet prakties en toepasbaar wees. Daar is dan ook telkens huiswerkopdragte of toepassingstake in - maar natuurlik hoef jy nie iets terug te stuur nie (tensy jy wil);
  • dit is geestelik en Bybels geöriënteer.  Tye het drasties verander en ons kan letterlik nie meer die huwelik bedryf soos in Bybelse tye nie.  Klink dit verkeerd?  Onthou, die Woord van God het gestalte gekry in 'n sekere kultuur; een waarin 'n vrou geen regte gehad het nie. Die Bybel beskryf God se wil in daardie kultuur en die gedagte is nie dat ons die kultuur moet oorneem nie. Ons wil die waarheid van God se Woord oor die huwelik onderskei, uit sy kultuurkonteks lig en op ons kultuur toepas.  Met ander woorde, ons wil sê wat Jesus sou sê as Hy in ons tyd sou gekom het.  Sjoe, dis genoeg van teologie.  Lees maar weer die eerste frase van hierdie paragraaf - dis al wat jy hoef te onthou!
  • dit gaan oor huweliksverryking.  Onthou, ALLE huwelike het verryking nodig - alle huwelike kan groei.  Dit is nie huweliksberaad (terapie) wat meer gemik is op probleme nie.  NOGTANS (in hoofletters) sal ons elke week sien waarom dinge kan skeefloop, en sal baie skaafplekkies in jou huweliksverhouding reggemaak kan word.  Jy sal heel moontlik ook antwoorde kry oor enige groot probleme.

Soos met ons ander programme en kursusse behels hierdie een ook 'n weeklikse e-pos. Die kursus duur 30 weke. Breedweg val dit in twee dele uiteen: aanvanklik is die klem op ons uniekheid en verskille en dan gaan dit oor in kommunikasievaardighede en konflikhantering (maar dis net so rofweg). Ek stuur weg van pynlike "knieskyfsessies" en oefeninge wat mans eerder die berge sal laat uithardloop!  Daar is wel die pertinente gesprekstemas....  Wonderlike kommentaar is al op hierdie kursus ontvang!

 

Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

 

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.


Views: 566

Attachments:

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service