Innerlike Heling is 'n inleiding tot innerlike seer en beraad.
Alhoewel dit inleidend is, is dit omvattend, kontemporêr en prakties. Ons dek al die wesenlike temas van innerlike probleme asook berading, en gebruik die vloei van 'n tipiese beradingsproses. Dit is primêr bedoel vir selfgebruik: vir insig in myself, toepassing en persoonlike groei en heling. Maar dit is ook nuttig vir die wat ander wil begelei. Dit is 'n kursus in beraad wat oor vier maande gevolg word, en as dit met praktiese supervisie gepaardgaan, kan dit met vrug gebruik word in gemeentes as opleiding vir pastorale werkers, christelike beraders, "luisteraars" en die wat besoekwerk doen. Die klem is egter op persoonlike innerlike probleme - nie op verhoudings of krisisse nie. Let ook op die nota oor akkreditasie hieronder. Die temas wat ons dek is die volgende:
Temas
1. AGTERGROND BY DIE MENS, PROBLEME EN BERAAD
2. HOE OM JOU IN DIE BERADINGSPROSES TE GEDRA EN INTENSIONEEL TE LUISTER
3. HOE OM ONDERSOEK TE DOEN NA PROBLEME
4. HOE OM PROBLEEMAREAS TE HANTEER EN NA HEELHEID TE GROEI
Die kursus word weekliks per e-pos uitgestuur oor 18 weke aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is.
Akademiese Krediet
Innerlike Heling is tans ons enigste kursus waarvoor akademiese krediet toegestaan sal word. Die Christelike Gereformeerde Teologiese Seminarium, 'n ten volle geakkrediteerde tersiêre teologiese skool, is bereid om krediet te verleen vir die kursus vir hul 3-jarige teologiese diploma (Diploma in Pastorale Teologie). Dit beteken dat 'n student een vak minder hoef te doen om die diploma te verwerf! Wat moet jy doen om vir krediet in aanmerking te kom? Innerlike Heling moet behoorlik geassesseer word. Die helfte is 'n portefeulje-taak, wat beteken dat jy die huiswerk by elke hoofstuk moet doen en instuur - eintlik 'n wonderlike geleentheid om die hele kursus op jouself van toepassing te maak! Die ander helfte is 'n eksamen oor die kursus. Ek sal jou met alles help.
Koste
Die koste van ons begeleide programme is hoër, omdat dit net soveel meer tyd verg en is vir die huidige vasgemaak op R200 p.m. vir die duur van die kursus, teenoor die R120 vir 'n onbegeleide, ongeassesseerde kursus.
As ek reeds Innerlike Heling gedoen het?
Jy hoef dan net die verskil te doen (en te betaal), nl. die assessering: die portefeulje-taak en die eksamen. Ja, dis nou werklike studie.
As jy dan wil, kan jy aangaan met die ander kursusse van die Dip Past en jouself vir bediening bekwaam. Skryf aan my as jy 'n Prospektus wil hê van die CGTS waarin die Dip Past uiteengesit is, en ek sal dit vir jou laat bekom.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL
Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.
Tags:
Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur
.