Kleingroepe is opwindend - dit is kerk-in-aksie!
Soms het ons egter 'n behoefte aan toerusting. Wat is die doel van ons groep, hoe kan ons ons doelwitte bereik? Wat is die gevare om te vermy? Hoe hanteer ons netelige kwessies? Kleingroep-DINAMIEK is ons kursus vir kleingroepleiers. Ons bied dit aan oor 12 weke en dek al die aspekte van kleingroep-bediening. Ons benadering is interdenomineel, maar baie resent: ons gebruik die jongste benaderings tot kleingroepbediening, soos dit in van die grootste gemeentes in Suid-Afrika beoefen word.
Kleingroep-DINAMIEK is GRATIS, in die sin dat ons die eerste ses dele weekliks kosteloos sal stuur aan enige een wat daarvoor inskryf. Daarna het die kursusganger die keuse om vir een van ons ander kursusse - geskik vir kleingroepgebruik - in te skryf, teen ons gewone tarief, en daarna sal ons die laaste ses dele weekliks gratis saamstuur, met daardie betaalde kursus. Sou die kursusganger na ses weke niks by ons wil bestel nie, is daar geen verdere verpligting nie. Kyk gerus na die voorblad en eerste deel van Kleingroep-DINAMIEK om 'n idee te kry van die inhoud en aanbieding. Kliek op die grafika
hieronder om dit in groot formaat deur te lees.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL
Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.
Tags:
Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur
.