Welkom terug in ‘n nuwe jaar! Dit sal ‘n goeie jaar wees, vol hoop en verwagting, want God is met ons. God is aan jou kant, vriend en as jy dit kan glo, is jy reg vir wat die jaar ook al bied… Jesus se boodskap aan jou is MOENIE VREES NIE.
Padlangs deur die Woord begin
Ons dagstukkies het weer op Woensdag 11 Januarie begin en hierdie jaar
stap ons deur die Woord, van Genesis (vanaf volgende week) tot Openbaring. My vraag is telkens:
Here, wat wil U vir die leser uit hierdie boek uit sê? Ek stel
‘n gepaardgaande kursus op, wat ons net noem Deur die Woord, wat gelyklopend daarmee dieper gaan met elke boek. Daarin kry ons insig in die inhoud van elke Bybelboek en hoe om dit te verstaan. Natuurlik sal

dit baie oorsigtelik wees, en sal ons plek-plek hele boeke saam moet groepeer, net om deur te kom, maar ons doel is juis ook ‘n voëlvlug, ‘n oorsig oor die hele Woord van God en sy groot boodskap.
As jy voel jou kennis van die Bybel is te vlak,kan jy oorweeg om vir hierdie kursus in te skryf! Vir meer besonderhede oor wat ons beoog (en die gratis eerste dele)
kliek hier of jy kan doodgewoon
na ons webruimte gaan. Jy hoef
natuurlik nie die kursus te volg om waarde uit die dagstukkies te put nie. (Tussen hakies - voel jy ook die sitruskleure van hierdie jaar lyk vars en skoon?)
Bly asseblief op die Padlangs-lys!
Ons verloor elke jaar ‘n paar honderd name van ons lyste af a.g.v. spamfilters. Ons pos word soms blokkeer om ‘n verskeidenheid van redes – gewoonlik omdat iemand onbewustelik ‘n spam-klagte genereer as hy Padlangs nie langer wil ontvang nie (i.p.v. afteken), of omdat maatskappye nie pos met ‘n godsdienstige strekking wil toelaat nie. So ‘n pos word teruggestuur en die adres word na vyf bounces van ons lys afgehaal. Vir baie Padlangslede beteken dit bloot dat hulle op ‘n goeie dag net nie meer Padlangs kry nie. Wat jy kan doen is die volgende:
- Stel ons adres op as Safe Sender – jy kan dit sommer nou doen, kyk hierbo by "Actions", of "Junk E-mail";
- Moet asb. nie ons pos na jou Junk Mail folder stuur nie – teken af as jy Padlangs nie langer wil ontvang nie – dis doodmaklik (een kliek op die skakel onderaan elke pos) en ons sal dit nie teen jou hou nie!
- Moet Padlangs asb. nie aanstuur waar dit nie welkom sal wees nie – jy hoop dalk om jou aaklige baas te bekeer, maar hy unsubscribe Padlangs sommer gou-gou namens jou (een kliek op die bg. skakel) of meld dit aan as ‘n spam-pos! Gebruik verkieslik die Forward-skakel onderaan ons dagstukkies.
- En laat ons weet as jy nie meer Padlangs kry nie - sal 'n plan probeer maak!
Persoonlike nuus
Laas ja
ar het ek ‘n aparte nuusbrief gestuur wat bietjie meer persoonlik was, maar ek sal voortaan net een briefie skryf, en ons eie nuse en gebedsversoeke kortliks daar inwerk…
Die groot nuus vir myself is natuurlik dat ek pas 50 geword het. Hoera...? Ons het sommer saam met ons Le Roux-gesin (die wat hier in die Kaap is) die aand lekker saamgekuier en deur ‘n Powerpoint gekyk oor 5
dekades se modes, hare, musiek, motors en ja, die Le Roux-gesin. Dit was baie lekker. Maryke het van die fotos opgelaai op Facebook
–
kliek hier as jy verveeld (of nuuskierig) genoeg is…
Veel belangriker is die vraag vir my wat dit nou eintlik beteken om 50 te wees (dink nog, weet nog nie heeltemal nie…) en het al so ietsie op my blog gesit : die een het te doen met
sakkerige sokkies en afgeremde hemde wat ek nie meer gaan dra nie en
die ander is meer ernstig oor wat ek glo.
Kliek hier as jy dit wil lees - ek moes vir myself op papier sit wat ek glo te midde van soveel twyfel en skeptisisme vandag. Maryke begin ook nou weer werk, maar is nog al die pad so aan die gang, ek voel sy het regtig te veel hooi op haar vurk. Ons dogtertjie het matriek goed geslaag en gaan die jaar by haar broer aansluit op universiteit... nuwe seisoen vir almal van ons.
Dis maar ons nuus – sal jou nie verder vermoei nie, jou lewe tog veel interessanter! Dankie dat jy vir ons bid en vir die wat ons so getrou ondersteun – BAIE BAIE dankie! Ons is werklik so stomgeslaan as ons sien wat mense vir ons doen, dat ons nie woorde het nie, laat ons net bevestig ons WAARDEER dit! Dankie ook vir al die mooi wense oor Kersfees, die nuwejaar en met my verjaarsdag op Facebook of andersins.
Ek bid en vertrou dat die Here OOK VIR JOU sal behoed en bewaar en RYKLIK sal seën in 2012!
Jimi en Maryke
Gebedsversoeke
- Loof die Here saam met ons en saam met sy hele skepping vir sy GENADE en LIEFDE
- Bid asb. dat ons Padlangs-lys hierdie jaar goed sal groei. Ons voeg baie by, maar verloor weer baie a.g.v. bg. redes
- Bid asb. vir leiding - ek wil 'n Persoonlike Geestelike Begeleidingsprogram begin, maar dis ernstig
- Bid asb. vir hierdie jaar se uitdagings hier op die tuisfront: Maryke se werkery en die kinders se studeerdery