Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Padlangs Nuus Colour Header
PADLANGS NUUS NOVEMBER 2011
 
Hallo Padlangs vriend!
 
Ek sal my maar nie weer uitlaat oor die Lente of die seisoene nie, duidelik is ek nie daarvoor bevoeg nie.  Terwyl die res van die land gebraai het in ‘n hittegolf, was dit hier in die Kaap koud en reënerig.  Vandag is warm, maar gister het die sneeu nog op die berge gelê.  Dalk bestaan die Lente uit afwisselende somer- en winterdae, maar wag, ek hetgesê ek gaan dit los…
 
Stadigaan….
 
Ons beweeg nou stadigaan na die einde van die jaar toe (nog so ‘n maand om te gaan vir Padlangs) en het onlangs klaargemaak met ons JESUS-notas, die kursus wat met ons huidige reeks dagstukkies saamgegaan het.  Ons het regtig goeie terugvoer gekry en ek haal die volgende twee aan:
  • Liewe Jimi, hierdie kursus het net weer in my hart bevestig dat ek nie anders kan as om hierdie wonderbare Jesus lief te hê en te volg nie! Dit het Hom  vir my ‘n werklike persoon gemaak.  Ek het as
    ware myself in Israel geplaas vanaf Deel 1. 
  • Baie dankie. Die woorde ontbreek om te sê wat 'n wonderlike ervaring hierdie kursus was en nog steeds gaan wees. Om Jesus beter te verstaan is soos 'n behoefte aan asem. Ek kan net nie genoeg kry nie.
 
Sulke terugvoer maak alles vir my sommer die moeite werd.  JESUS-notas is natuurlik steeds
beskikbaar
en loop oor 40 weke. Vir meer info, kliek hier…Ons kursusse behels weeklikse geestelike groei-materiaal en daar is geen klasse, assessering of sertifisering nie.

Tans is ons besig met “Neem Leierskap”, ‘n kort inleiding in leierskap
vanuit geestelike perspektief.  Dit is bedoel vir gebruik in die gemeente.  Onthou, leierskap is vir almal, want ons oefen almal leierskap uit in ons lewe en in die kringe waarin ons beweeg.  Hierdie kursus oor nege weke sal jou help om ‘n sterker leier te weesVir meer info, kliek hier…
 
Seks… (ja, dit behoort aandag te trek)
 
Ek het nog kopieë hier van my boekie Reguit Raad oor Seks vir Seuns (en een vir Meisies).  Dit is geslagsvoorligting (nie seksvoorligting nie, nè) vir ouer kinders en jong tieners.  Ek het dit in ‘n humoristiese styl geskryf vir my eie kinders (ja, ‘n heeele paar jaar terug) en alles daarin gesit wat ‘n jong mens oor seks moet weet.The birds and the bees… baie direk en eerlik, maar stewig in die Bybelse moraal.  Wat is seks presies en wat sê God van seks… daardie tipe ding.  In elk geval, ek noem dit net vir ingeval jy vir Kersfees dit wil skenk aan jou kind, kleinkind, nefie, niggie, vriendin se kind, ens.  Ek glo dis cool.  Dit laat genoeg tyd om dit nog by jou te kry.  Kyk hier vir meer info en skryf gerus.
 
Vrae, vrae, vrae
 
Ek het weer ‘n klompie antwoorde geskryf vir mense se vrae (uit my hoek uit natuurlik - dis subjektief, maar 100% hoe ek dit sien) en as jy wil kan jy hieronder kliek op die temas om dit te lees:
 
Nou ja vriend, dankie dat jy tot hier gevorder het (die meeste het al hierbo iewers weggeraak).  Ek is hard aan die werk met die materiaal vir 2012 en hoop om volgende maand in ons laaste brief volle inligting te gee.  Ek is baie opgewonde!
 
Sit nou alles in vir die laaste ent, vriend! Baie seën!
 
Jimi en Maryke
#[SENDER_COMPANY]#
#[SENDER_ADDRESS]#
This email was sent to: #[USER_EMAIL]#
Unsubscribe | Subscribe | Forward to a
Friend
powered by

Views: 14

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service