Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

PADLANGS NUUS OKTOBER 2011
 
Hallo daar vriend en vennoot – net weer baie kortliks…
 
Wat die Lente betref, het weer gebeur soos altyd (en hoekom kan ek dit nie onthou nie?): die Winter het naatloos oorgegaan in die Somer op ‘n goeie dag vroeg in Oktober; die Lente soos altyd hoogstens so drie milde dae – nie noodwendig agtermekaar nie.  By ons het die Somer-suidoos weer in erns begin waai, maar hei – mens het jou keuses gemaak.
 
Die Nuus...
By ons gaan dit goed. Altyd maar aan die werk, probeer altyd nuwe dinge, maar dankbaar.  Padlangs groei.  Dis wonderlik om te kan bedien en ons is daagliks met mense besig wat betref hulle geestelike lewe, geestelike vrae, uitdagings en oorwinnings.  Wat ‘n voorreg!  Ai, en ek kry nooit my Inbox behoorlik leeg nie, inteendeel wat daar gebeur kan mens net krisisbestuur noem.  Bid asb. vir ons, getroue vriend, soos ek vir jou bid.
 
Dan het ek net ‘n klompie kleiner, maar tog belangrike sakies voor ons al weer groet:
  • As jy van Padlangs wil afteken, wat heeltemal te verstane is (mens kan nie alles vir almal wees nie, of dalk verander jy van werk), vra ek jou tog om net af te teken onderaan enige dagstukkie (of hierdie irriterende nuusbrief!).  Moet asb. nie die dagstukkie na jou Junk Mail Folder stuur nie – ons het opgetel  dat dit aanleiding kan gee tot ‘n spam-notification
  • Ons het begin met ‘n diensie op ons goeie vriende Tienie en Estelle Lindeque se plaas Beau Belle net buite Stellenbosch (Spier-omgewing) en kom bymekaar in hulle pragtige kapel op ‘n Donderdagmiddag 15:30.  Ons sonder net bietjie af uit die gejaag en beleef die Here in die stilte, gebed en musiek en bespreek dan ons
    kursus Die Heilige Gees
    .  Enige een in die omgewing is welkom om in te skakel – dis tans nog die Lindeques, enkele vriende en die personeel.  Skryf gerus vir die besonderhede.
  • Ek het iewers ‘n mini-plakkaat bekend gemaak wat ek gemaak het en gee net weer die skakel daarvoor, as jy dit wil aflaai: kliek hier
  • Ek skryf in ‘n onlangse dagstukkie dat ek die bediening van genesing ken en het ook vandag vrae daaroor ontvang.  Ek
    antwoord 'n vraag “Wil God dan nie almal genees nie?” op ons webruimte (kliek hier om te lees), maar wil jou veral wys op die dokument wat ek daar aangeheg het. Dit vertel van my ervarings met honderde (ja) gevalle van genesings wat ek in my jeug beleef het.  Ek het nogal ‘n uitsonderlike opvoeding gehad en wat ek daar beskryf sê nogal baie hoekom ek is soos ek is, en glo soos ek glo. Kliek hier om te download (20-30 sek) of kliek hier om dit aanlyn te lees. 
 
Dit is dit vir hierdie mooiste maand!  Onthou ons stuur ook maandeliks ‘n gebedsbrief uit met bietjie meer info oor ons – laat weet gerus as jy dit wil ontvang.  Ek sal volgende maand laat weet oor ons nuwe kursus, want JESUS-notas maak binnekort klaar en ons hardloop die jaar uit met "Neem Leierskap".
 
Mag die Here jou buitengewoon seën en jou sy genade skenk. 
Mag Hy sy aangesig oor jou verhef en jou vrede gee, vriend.
 
Jimi en Maryke

Views: 61

Antwoord hierop

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service