Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching



Die bediening is dikwels ‘n harde plek. Onvoldoende bronne, onrealistiese verwagtinge, menslike konflik, ens. veroorsaak stres en uitbranding. Volgens sommige statistiek val tot 90% van diegene wat die bediening betree langs die pad uit. Leraars het ondersteuning nodig! Ek voel hierdie behoefte akuut aan en het, as mede-leraar en lewensbegeleier, ‘n program geskryf wat spesifiek vir leraars is.

Wat is renovatio?

Renovatio ("vernuwing") werk soos volg:
• Leraars kry weekliks kort coaching notas (2 bladsye), wat oor ‘n relevante tema gaan. Die program duur 40 weke. Dit is nie opleiding, Bybelstudies of lering nie en gaan nie oor dinge wat almal reeds weet nie. Dit is nie dogmaties van aard nie, en kom nie uit 'n spesifieke dogmatiese hoek nie. Dit is geestelike begeleiding (spiritual coaching) en lewensbegeleiding (life coaching).
• Die doel van Renovatio is geheel en al bemoediging en ondersteuning, en onbeskaamde aanmoediging om in die bediening te volhard, om steeds na God te kyk, om steeds die roeping te hoor, om die droom te bly droom. Om vas te klou, nie geloof te verloor nie, en nooit tou op te gooi nie. Ons deel inligting wat leraars en geestelike leiers sal opbou, versterk, immuun maak, ens. Dit gaan oor stres en uitbranding, visie en roeping, stiltyd en gebed, geestelike groei, konflik-fasilitering, en sulke dinge.
• Leraars hoef geen huiswerk te doen, of terugvoer te verskaf nie. Jip, daar is letterlik geen verpligting nie.  Die laaste ding wat hulle nodig het is ‘n groter werkslading! Daar is egter wel huiswerk-moontlikhede en leraars kan ‘n coaching portefeulje opbou, of die materiaal ook vir sy eie opleiding, leierontwikkeling of kleingroepe gebruik. Dit is egter heeltemal vrywillig.
• Die geleentheid bestaan ook, ingesluit by die program, om met my kontak te maak vir begeleiding.  Dit is egter ook heeltemal vrywillig.  maar dis nie die hoofsaak nie.
• Die beste van alles: dit is gratis, ‘n liefdegawe, 'n bediening.

Ek is seker dat hierdie program werklik waarde sal toevoeg tot die bediening van enige leraar. Veral die wat jonk in die bediening is sal baie daarby baat vind, of die wat moeg is, alleen werk, of swaar trek. Ander leiers in die kerk sal ook daarby baat vind, of Christene wat in leierskapsposisies in die sekulêre lewe is. Dit is ook so opgestel dat dominees of pastore uit enige kerkagtergrond dit waardevol sal vind. Dit is nie net leraars wat sukkel wat by Renovatio sal baat nie - ook diegene wat met groot seën werk, sal daardeur versterk en verryk word. Die Kerk van die Here is afhanklik van sterk en geestelike leiers.

Wat is die inhoud?

Die volledige inhoud is beskikbaar hieronder (kyk by die aflaaistukke onderaan hierdie blad). Die volgende is die temas van die eerste kwart van die program, om jou 'n idee te gee waaroor dit gaan:
Deel 0 - Welkom en die basiese verhouding
Deel 1 - Waarom jy 7 ure plus moet slaap, en hoe...
Deel 2 - Wat jou regula is en hoekom dit onontbeerlik is vir die geestelike lewe
Deel 3 - Hoe onderskei jy die droom wat God vir jou het
Deel 4 - Leer om 'n luisteraar te wees, en niks meer nie
Deel 5 - Anhedonie as jou vyand en wat jy daaraan kan doen
Deel 6 - Die sirkel van genade en hoe dit jou werk en rus bepaal
Deel 7 - Hoe om jou ligte kant en donker kant te integreer en hoekom
Deel 8 - Die afwaartse spiraal van geestelike groei
Deel 9 - Hoekom ons geestelike lewe uit dissiplines bestaan
Deel 10 - Hoekom stres ons gaan doodmaak as ons nie keer nie

Hoe kan jy help?

In 2009, toe ons die program bekend gestel het, het ons gevra dat mense die program vir hulle leraars borg. teen R200 p.m. Heelwat leraars het toe op hierdie wyse Renovatio ontvang. Vanaf 2010 stuur ons Renovatio egter HEELTEMAL GRATIS uit. Waarom dan?  Ek stuur dit uit as my tiende.  Padlangs se inkomste bestaan uit sy kursusse en programme en daarom wil ek ook gratis programme weggee. En die Here lê leraars op my hart. En dit bou verhoudings. Hierdie saak lê swaar op my hart.


Stel jy belang?

 

LERAARS en geestelike leiers:  Stuur asb. jou naam, gemeente en e-pos aan ons, en jy is op die lys! 


ANDER:  Stuur asb. jou leraar se naam en van, gemeente (en kerk asb.) en e-pos adres vir my aan. Ek sal die uitnodiging aan hom of haar rig. As hy (of sy) te besig is, of om 'n ander rede dit nie wil hê nie, kan hulle dit dan natuurlik afwys. Jou naam sal nie vermeld word nie, tensy jy wil hê ons moet.

 

Let op dat Renovatio net in Afrikaans verskyn.

Ander persone as leraars (en leiers in die gemeente) kan Renovatio bestel teen ons gewone tariewe. Doen gerus navraag.

 

Ons kursusse en programme word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

 

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.

 

Views: 33

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service