Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching



Ek is 'n gekwalifiseerde en geregistreerde "life coach". Coaching (in Afrikaans afrigting of begeleiding) is 'n relatiewe nuwe maar snelgroeiende benadering tot verandering. Dit is nie beraad, bestuur, mentorskap, terapie of opleiding nie, maar behels iets van al die bg. Dit is 'n benadering met die volgende eienskappe:
1) Coaching is doelgerig - dit behels die bepaling van realistiese doelwitte en die beweeg daarheen. Dit gaan oor verandering en beweging, nie oor status quo nie. Dit behels die toekoms, nie die verlede nie;
2) Coaching is direktief - dit is interaktief, direk en inspirerend, soms konfronterend as die proses dit vra;
3) Coaching is positief - dit werk nie met jou probleme nie, maar met jou sterk punte en aanvaar dat jy die vermoë het om te verander en jou doel te bereik;
4) Coaching is korttermyn intervensie - die doel is om meetbare verskille te sien in 'n korter tyd, eerder as om insig te verkry oor 'n langer tyd.

Die coaching waarin ek belangstel is van twee soorte: Lewensbegeleiding gaan daaroor om doelwitte vir my lewe te bepaal en te bereik binne die raamwerk van 'n goeie begrip van wie ek is; en Geestelike begeleiding, wat gaan oor 'n verhouding met God, maar soos dit op die hele lewe van toepassing is. Dit gaan oor geestelike mentorskap, maar ook die definitiewe beweeg na die vier doelwitte van my geestelike lewe. Die praktyk van ons coaching is die volgende:
(1) Die Die Lewe-program, 'n gestruktureerde self-coaching program wat oor 40 weke loop - jy engage op die vlak wat jou pas, en ek begelei jou deur kommentaar en terugvoer;
2) Renovatio is 'n begeleidingsprogram vir leraars en geestelike leiers. Dit word ook oor 40 weke aan hulle afgelewer, en sluit ook die opsie in van persoonlike begeleiding.
3) 'n Individuele pad vir die wat daarvoor inskryf soos hulle behoeftes dit voorskryf. Alhoewel mens begeleiding moet onderskei van beraad, bewys die praktyk dat dit soms maar deurmekaar loop.
Lees meer oor die Lewe-program...
Lees meer oor Renovatio
Lees meer oor Pastorale Beraad, wat hulp is van 'n ander aard...

Views: 5

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service