Ek gaan hier 'n aantal fotos insit oor Padlangs vriende wat ons oor
die jare ontmoet het (en waar ons onthou het om 'n foto te neem!)

Louis en Riette was saam met die Padlangs toer in Israel en het in
Mei 2009 vir ons kom kuier!

Ons vriende uit Holland Auke en Marjan Sietsma het spesiaal by ons
in Jerusalem aangesluit - hier sit ons in die Ou Stad (Marjan het
ongelukkig hierdie dag sleg gevoel en in die hotel agtergebly).

Die hele Padlangs-toergroep wat in 2008 in Israel was - op die
lughawe Ben Gurion.

Jan en Imelda Roets is ook ons ou vriende en jarelange
Padlangs-lede. Hier is ek by hulle in die Kaap.

Pierre Cornelissen het kom kuier dour uit Namakwaland toe hy
Johannesburg toe moes kom vir 'n werk-ding.

Paul Holtzhauzen van Tampa, Florida (nou in Oklahoma) het kom
kuier, hier saam met sy seun Ben, wat steeds 'n Padlangs-vennoot
is. Gaan nog goed daar met Paul-hulle.

Sarel en Stephanie Oberholzer het reg aan die begin Padlangs
letterlik gered toe ek moedeloos was met die hele storie deur iets
te gee en is ons ou vriende - hier op pad na Egipte

Jan en Alta Burger kuier in 2005 by ons - ook ou vriende en vennote
van lankal af tot vandag.
Auke en Marjan het in 2004 uit Holland by ons kom kuier (dink ek),
maar daardie fotos moet ek eers vind...