'n Uitnodiging tot vyf minute ... wat jou dag kan verander!

Begin die dag reg - met God! In ons gejaagde lewe vind ons min tyd om met die Here af te sonder. Stiltetyd kom egter na jou toe! Ontvang 'n kort daaglikse oordenking per e-pos, wat jou in staat stel om:

  • elke dag kortliks stil te word, op God te fokus en te bid,
  • elke dag die Woord te lees, dit te oordink en te laat ingaan, en
  • elke dag God se leiding en inset in jou lewe te beleef.

Ons gratis oordenkings word sedert 2001 deur duisende mense regoor die wêreld gelees. Dit is vyf minute wat jou dag kan verander! Jy kan te enige tyd weer afteken. Skryf binne sekondes in deur op die geel skakel hieronder te kliek.

Jimi le Roux is 'n leraar en skrywer. Baie welkom!

  • Ons oordenkings is ook op Facebook beskikbaar: kliek hier
  • Ons oordenkings is ook in Engels beskikbaar (By the Way): kliek hier
  • Ons oordenkings is ook as voorlesings beskikbaar op WhatsApp en Telegram: kliek hier

Meer inligting oor ons oordenkings:
DAAGLIKSE STILTE was vroeër bekend as "Padlangs Oordenkings". Ons daaglikse oordenkings word vroeg soggens uitgestuur van Maandae tot Vrydae - Desembervakansies uitgesluit. Dit bestaan uit 'n vers, 'n oordenking, en 'n gebed. Ons probeer om ons oordenkings soos volg te skryf:

  • kort en kragtig - ons oordenking behels een paragraaf van 160 woorde, dis al
  • prakties en padlangs - ons wil diep waarhede helder, duidelik en relevant maak
  • klem op verhouding - ons vermy dogmatiese en abstrakte temas, en bly by die praktyk van 'n verhouding met God, van geloof-wat-grondvat
  • dieper, nie vlakker nie - ons wil nie net by die lekker dele van die Woord bly nie, maar werk sistematies: deur Bybelboeke of deur temas. Dis nie suikerpille nie, dis vaste spys.

Om meer oor hierdie jaar se reeks te lees, kliek hier
Om meer oor Jimi le Roux te lees, kliek hier
Om die meeste van ons oordenkings te maak, kliek hier
Vir die voorwaardes en beleid van ons diens kliek hier
As jy probleme het om jou dagstukkies te ontvang, of vrae het, kliek hier.

.