Oordenkings: beleid en voorwaardes


Oordenkings: beleid en voorwaardes

Die gebruik van Daaglikse Stilte

Daaglikse Stilte word veral gebruik vir persoonlike geestelike groei. Die meeste mense lees dit soggens by die werk, of andersins voor werk - sommige lees dit so vroeg as vier-uur of vyf-uur in die oggend (en ons stuur dit so uit dat hulle dit daardie tyd kan kry!). Ons weet egter ook dat sommige mense ons oordenkings soos volg gebruik:

  • om met die personeel te open vir die dag se werk by die kantoor of op die plaas
  • om vergaderings mee te open met 'n kort gedagte - by die kerk of skool
  • om in die kleingroep te bespreek - ons oordenkings kom in reekse

Ons is bly as ons bediening op die wyses vir jou en vir die Koninkryk iets kan beteken!

Die verspreiding van ons oordenkings

Ons verwelkom dit dat jy Daaglikse Stilte aan ander aanstuur (forward). Dis een van die voordele van 'n elektroniese dagstukkie. Sommige stuur dit sommer wyd aan - dikwels na kinders oorsee. Stuur dit gerus aan waar dit mense sal help en bemoedig of om die diens bekend te stel.

Let egter op die volgende: STUUR ONS OORDENKINGS WYSLIK AAN. Daarmee bedoel ek dat jy dit nie sal stuur aan iemand wat dit nie sal waardeer nie, veral nie op 'n gereelde basis nie. Miskien dink jy jou aaklige baas kan doen om bietjie geestelike input te kry, maar van sy kant af kan hy dit sien as spam (wat dit vir hom is). Hy kan al hoe kwater vir jou raak, of (nog erger) vir ons en besluit om die dagstukkies te unsubscribe. Onthou, daar is 'n afteken-skakel onderaan elke dagstukkie en as hy daarop gekliek het is dit JOU adres wat afgeteken is. Nog erger, hy kan dit ook as Junk Mail of spam aanmeld. Dit kan veroorsaak dat ons adres gelys word by spamfilters en baie mense se dagstukkies geblokkeer word en in sommige gevalle permanent verwyder word van Padlangs. Wyslik dus, wyslik....

BELANGRIKE BELEID

  • Die oordenkings mag glad nie verander word alvorens dit aangestuur word nie - forward dit net so, ingesluit die titel, nommer, die outeur en ons web-adres.
  • Die oordenkings mag uiteraard nie verkoop word of vir finansiĆ«le voordeel gebruik word nie.

Ons voel streng oor die kopiereg op al ons materiaal. Dit is nog die beste om belangstellendes na ons webruimte te verwys sodat hulle self kan inskryf.

Die aanhaal van Daaglikse Stilte

As jy uit Daaglikse Stilte mondeling of skriftelik aanhaal vra ons dat jy dit asb. sal doen met verwysing na die titel "Daaglikse Stilte" en/of die outeur se naam (Jimi le Roux). Dis net goeie maniere. Dankie!

.