Hier is ek, Here!


Hier is ek, Here!

Hier is ek, Here

Hierdie boek is 'n pragtige verwerking van ons dagstukkie-reeks, Volg My, wat gaan oor persoonlike dissipelskap. Ons dek al die temas van die geestelike lewe. Vir 'n jaar lank dek ons temas soos 'n verhouding met God, geestelike groei, gebed, die Woord, die Heilige Gees, versoekings, sonde, oorwinning, die geestelike stryd, ons getuienis, ons innerlike lewe, vind jou ware self en vele meer. Ons doel is om baie prakties te wees. Aan die hand van aanhalings uit die evangelies, leer ons wat Jesus vir ons oor hierdie temas wil leer. Groei as 'n dissipel!

Ek sê: "dis nie 'n boek nie, dis 'n kursus!"

Hier is ek is bedoel vir elke kind van God, nie net nuwe Christene nie. Elke Christen moet iewers 'n sistematiese dissipelskap-program deurwerk, ook die wat reeds lank op die pad is. Trouens, van ons temas is gevorderd. Moet ook nie geflous word deur die sagte (en pragtige) kunswerk nie - dis nie (net) 'n vroueboek nie. Dis 'n boek vir mans en vroue.

Ons volg die temas van ons kursus, Geestelike Vorming, en as jy wil kan jy meer daaroor lees by hierdie skakel.

Hier is ek is beskikbaar by CUM Boekwinkels en ander goeie boekwinkels. Soek gerus by Exclusive Books, Bargain Books en PNA. Anders kan jy dit aanlyn bestel by CUM by die skakels hieronder, of kyk by Loot of Takealot. Hier is ek is ook 'n waardevolle geskenk!

Hier is ek is ook beskikbaar in Engels as Here I am.

Afrikaans: https://cumbooks.co.za/products/hier-is-ek-here-hardeband

Engels: https://cumbooks.co.za/products/here-i-am-lord-hardcover

  • Amanda skryf: Ons het jou dagstuk boek begin lees. Wat 'n wonderlike boek. Jou boodskappe is treffend en verstaanbaar. Die boek is mooi en sag. Ons hou net van jou boek. Ek raai mense aan om hom te kry en te lees. Dankie vir die voorreg om hom deel te maak van ons dag se stilte. Dis 'n wenner boek. Mooi en geseënde dag vir jou.
.