Jimi: Referente


Jimi: Referente

Verwysings

Die volgende persone is my amptelike referente:

Richard Verreynne
Ds Verreynne was vir jare die moderator van die Christelike Gereformeerde Kerk in SA en is ‘n bekende in Suid-Afrikaanse ekumeniese en sendingkringe.

Gary Kieswetter
Gary Kieswetter is ‘n bekende prediker in Suid-Afrika, asook my swaer, vriend en broer in die geloof van baie jare.

Bill Price
Bill Price is ‘n bekende persoon in Suid-Afrika, in kerklike en besigheidskringe, ‘n pionier van coaching in SA en die stigter en hoof van die VIP Leadership and Coaching Academy.

Kontak my gerus vir hulle kontakbesonderhede.

Die volgende sal ook iets van my kan getuig...

  • Dr Johan Geyser (leier van Mosaïek Gemeente) - hy het my van een plek na 'n ander plek gevat, my definisie van "leierskap". Ek dink steeds aan hom as 'n mentor
  • Prof Stefan Joubert (skrywer, akademikus en geestelike leier) - Stefan rig leiers om hom op sonder om te vrees vir sy eie leierskap, wat hom net 'n nog groter leier maak
  • Ds Trevor Hudson (skrywer, prediker en geestelike leier) - 'n Christen wat Christenskap lééf. Trevor laat my aan Jesus dink - en ek sê dit nie maklik nie
  • Dr Willem Nicol (skrywer en kontemplatiewe leier) - ek het die diepste respek vir Willem se reis, sy insig en sy geestelikheid. In 'n woestyn van enersheid het hy 'n nuwe pad gewys
  • Dr Koos van der Merwe (leraar, skrywer, sanger) - Koos het my Bybel vir my laat oortrek en my geïnspireer om ook te probeer dig. Ek wéns ek het sy kreatiwiteit gehad, maar life is unfair
  • Dr Theo Geyser - Theo is 'n pionier, 'n voorloper en 'n fyn en kunstige siel, wat my vaal laat voel. Ek voel eintlik net geëerd om hom te ken
  • Ds Riekert Botha (leraar, skrywer en radio-persoonlikheid) - ek lóve Riekert se persoonlikheid en wag steeds vir die kans om saam met hom die "Enigste Regte Kerk" te stig
.