Jimi: Curriculum Vitae (CV)


Jimi: Curriculum Vitae (CV)

die basiese

SJ (Jimi) le Roux
Gebore in1961 te Kaapstad
Getroud met Maryke
Ons het twee volwasse kinders

persoonlike agtergrond

My pa Dr. James (J.B.S.) le Roux het as jong man by die Nuwe Protestantse Kerk aangesluit, en het Teologie gaan studeer, o.a.in Amsterdam (V.U.), Holland. Terug in Suid–Afrika het hy die (latere) Christelike Gereformeerde Kerk Parow bedien, en bekend geword in die “Vernuwing” van 1970+ met o.a. ‘n bekende genesingsbediening (1970–1985).

My ma Alma Eva Brunner van Duitsland het vroeg tot bekering gekom waar haar ouers reeds die Here gedien het in Fürstenwalde-Spree. Op ‘n besoek van "Broer Andrew" (Stigter van Geopende Deure) het sy my vader (wat in sy span gewerk het) ontmoet, en het hulle verloof geraak en getrou. Sy was reeds ‘n weduwee met drie kinders. My broers en susters is Friedhelm le Roux, Siegbert le Roux, Angela van Hansen en Rhona Kieswetter.

kerklike agtergrond

Die Christelike Gereformeerde Kerk, waar ek steeds my legitimasie het, is ‘n gereformeerde kerk met 'n evangeliese en vernuwingsaanslag. Ons is gemaklik in die Gereformeerde sowel as Charismatiese omgewings. Die CGK bestaan uit broers en susters wat ernstig is oor die Here en sy opdrag. Ek glo ek is teologies en geestelik gebalanseerd, met die klem op die Woord en die praktyk, en stel nie baie in detail-dogmas belang nie. Ek sien my gawes eerder in lering, leierskap, bemoediging en bestuur. Wat die doop en die gawes betref, glo ek nie dat dit ooit bedoel was om die Liggaam van Christus te verdeel nie, maar juis om dit te verenig en te bevestig. Ek glo eintlik net aan één doop, en vele metodes. Ja, ek het my verbintenis aan Jesus in die Jordaanrivier herbevestig deur onderdompeling - 'n wonderlike ervaring... Ek ken die sg. Charismatiese gawes en beoefen dit self, alhoewel nugter en konserwatief.

Mosaïek Gemeente, waar ek laaste vir vier jaar gewerk het, is ‘n post-moderne, post-denominale makrogemeente in Johannesburg. Alles by Mosaïek het ‘n vars, nuut-gedinkte kwaliteit en die gemeente het ‘n dinamiese bediening op ‘n fantastiese kampus. Johan Geyser was (en is) die leier daar. Die gemeente staan nie in ‘n besondere kerklike tradisie nie (dit is nie uitgesproke tradisioneel of Charismaties nie) en sluit aan by die Kerk in die breë. Daar het ek waardering geleer vir die kontemplatiewe: die liturgiese diens, Taizé-sange, kerse en nagmaal by ons daaglikse toewydings – bo en behalwe die gewone dienste met postmoderne inslag, drama-momente en groot orkes. Elke diens is ‘n professionele produksie en die uitreik van die gemeente gaan diep in die gemeenskap in. Watter voorreg om daar te kon leer, werk en groei!

persoonlikheid

Ek sien myself as nugter, gebalanseerd, geestelik ingestel, intellektueel, konsensieus, gedissiplineerd, veelsydig, kreatief. Ek streef na nederigheid, opregtheid en integriteit. Ek is ‘n visioenêre en fasiliterende leier en ‘n spanspeler. Psigometries:

  • My MBTI:INFJ
  • Enneagram Tipe 4
  • DiSC: S/C
  • Clifton Strengthsfinder: Input, Ideation, Intellection, Strategic, Futuristic

kwalifikasies

  • 1979 Senior Sertifikaat Hoërskool Tygerberg, Parow

Formele kwalifikasies

  • 1984 BTh (Unisa) cum laude Volledige inleiding by Teologie Hoofvakke: Bybelkunde en Kerkgeskiedenis
  • 1984 Hons BA Bybelkunde (Stell) cum laude Eweredige dele OT, NT en Sistematiese Teologie
  • 1986 MA Bybelkunde (Stell) cum laude Struktuuranalise by die verstaan van Openbaring
  • 1987 DipTh (CGTS) cum laude Volledige inleiding by die Praktiese Teologie
  • 1991 Nagraadse HOD (Unisa) Skoolvakke: Bybelkunde en Skoolvoorligting
  • 1993 Hons BA Sielkunde (Unisa) Klem op eko-sistemiese sielkunde
  • 2007 Sert in Business & Life Coaching (Univ. v NW) – lewensbegeleiding
  • 2019 Leading from the Emerging Future (MITx)

Formele en informele kursusse

  • EEIII Vlak 1, 2, 3 - Gemeente evangelisasie
  • World Thrust - Sending–implementering in die Gemeente
  • Year of Transition - Selkerk kursus (Ralph Neighbour)
  • Unisa - Huwelik en gesinsberaad graadkursusse (Dept Maatsk. Werk)
  • Natural Church Development - Gemeentebou (Christian Schwarz)
  • Embers to a Flame Vlak 1, 2 - Gemeentebou en Leierskap (PCA)
  • Million Leaders Mandate Vlak 1, 2, 3, 4, 5, 6 – Leierskap (Maxwell)
  • Global Leadership Summit (verskeie) – Leierskap (Hybels)
  • Facilitative Leadership – Konflikresolusie, fasilitering, sisteme
  • Willem Nicol – Geestelike begeleiding

...en vele ander seminare, lesings, kongresse, ens.

werksbesonderhede

  • 1989 Personeelbeampte: Simba (Pty.) Ltd., Parowvallei - Menslike Hulpbronne bestuur: aanstellings, afleggings, griewe, dissiplinêre aksies, arbeidsbetrekkinge.
  • 1990–1994 Leraar, CG Kerk Benoni Gemeente - Medeleraar. Algemene gemeentebediening.
  • 1995–2005 Leraar, CG Kerk Pretoria Gemeente (Neos) - Senior leraar. Algemene gemeentebediening.
  • 2005-2009 Leraar, Mosaïek Gemeente, Johannesburg - Leier: Persoonlike Ontwikkeling.
  • 2010-tans Lewens- en Geestelike Begeleier. Terwyl ek my ordinasie behou het, is ek in die bevoorregte posisie om voltyds te doen wat in my hart is: geestelike leiding te gee deur oordenkings, kursusse, coaching-programme asook prediking, lering en konsultasie aan gemeentes.

beroepservaring

Leierskap en bestuur
Ek het as leier opgetree in baie hoedanighede tydens my hele bedieningslewe, en was lank op die moderatuur van die CG Kerk. Ek was in ‘n senior leiershoedanigheid in 'n groot gemeente, waar ek verantwoordelik was vir aanstellings, taakomskrywings, begroting, jaarbeplanning en projekte. Ons het eers die kleingroep-sisteem van die gemeente behartig volgens ‘n Community-model wat ons self ontwikkel het. Daarna was ek voltyds verantwoordelik vir die Mosaiek Akademie en ons geestelike groei kursusse.

Toerusting
Ek is ‘n geakkrediteerde dosent aan die CGTS en bied vakke tot op Honneursvlak aan in die Praktiese Teologie – Leierskap, Spiritualiteit, Pastoraat, Berading. Dit behels die hele veld van kurrikulering tot assessering. Ek was betrokke by die opstel van kursusse vir die Andrew Murray Bybelskool (CGTS), weereens met Praktiese Teologie en Bybelkunde, en ook by die Mosaïek Akademie, ‘n geakkrediteerde tersiêre instansie.

Kreatief
Ek dig, sing, speel kitaar en lei graag die aanbidding in die gemeente. Ek is lief vir alle geestelike musiek, van gesange tot gospel-rock, en het ook kursusse oor die lei van aanbidding opgestel en in gemeentes aangebied. Ek dig en skryf - oordenkings, artikels, rubrieke en boeke.

Padlangs
Ek het in 2000 ‘n internetbediening begin (NETKERK) saam met Leon Goosen (gospelsanger) en Gary Kieswetter (lekeprediker), wat nie lank gehou het nie, maar wat uitvloeisel gegee het aan ‘n internetbediening PADLANGS, wat daaglikse oordenkings uitstuur aan omtrent 6600 lesers wêreldwyd.

Life Coaching

Ek het onder Bill Price coaching leer doen (via NWU) en was 'n geregistreerde Practitioner Coach by COMENSA - Coaches and Mentors South Africa (ek het dit laat vaar).

.