Kom Saam! Sewe stappe in dissipelskap.


Kom Saam! Sewe stappe in dissipelskap.

Kom saam!

Ek het in opdrag van die Christelike Gereformeerde Kerk 'n boekie geskryf, genaamd "Kom Saam!" Dis 'n gids om 'n nuwe gelowige deur sewe basiese stappe van 'n verhouding met God te neem. Dis veral bedoel om in 'n dissipelering-verhouding gebruik te word, maar kan ook self deurgewerk word. Die helfte van die inhoud is Bybelverse en die ander helfte eenvoudige lering. Die temas is die volgende:

1) Wedergeboorte - God se nuwe lewe werk in jou

2) Bekering - 'n eerste bekering en daarna

3) Geloof - wat dit is en hoe om dit te bou

4) Die geestelike lewe - die praktyk van die Woord en gebed

5) Gemeenskap - die groei wat die gemeente bied

6) Heerskap - gehoorsaamheid en 'n radikale lewe vir God

7) Die Heilige Gees - die krag en vrug van die Heilige Gees

As jou gemeente so iets benodig vir julle uitreik, evangelisasie of dissipelskap, of as jy dit vir iemand wil gee, kontak die CG Kerk by 

admin@cgksa.co.za

068 303 4344

Die boekie (A5, 52 bladsye) kos R50. Dit word tans ook in Engels vertaal.

.