WORD...


WORD...

Hoe WORD jy 'n Christen - prakties gesproke?

Daar is vandag nuwe belangstelling – veral by die jonger generasies – in Christenskap en ’n geestelike lewe. Dit geld ook vir diegene wat hulself reeds as Christene beskou. Daar is egter ook baie misverstand oor wat Christenskap regtig is.

Waarom is dit so? Dis omdat die wêreld is soos dit is. En omdat mense soekend is. En omdat die kerk sukkel  in ’n tyd soos vandag.

As jy dus wonder waaroor Christenskap ten diepste gaan, of as jy na jou geloof wil terugkeer, of as jy ’n Christen is en voel iets kom kort is WORD vir jóú bedoel!

In WORD lê ons die Christelike fondasies baie duidelik - maar nie soseer in terme van inligting en dogmas nie. Eerder in terme van uitnodiging en praktyk.


Inhoud

01    Wêreld -  Waarom het ons God nodig?

02      God -  Wie is die God waarin ons glo?

03      Mens -  Wat beteken dit om mens te wees?

04      Christus -  Wie is Hy na wie ons gevorm word?

05      Vorming -  Wat is geestelike vorming?

06      Groei -  Hoe word ek soos Jesus Christus?

07      Leef -  Hoe leef ek soos ’n Christen?


Onthou:

Christenskap is nie net ’n godsdiens, of iets wat jy glo of wat jy moet doen nie.

Dis iets wat aan jou gedoen wórd, iets waarmee God besig is: jou vorming.

Christenskap is om gevorm te word.


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier

Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier