Hoe moet ons die Ou Testament lees? Baie dinge daarin maak nie vir my sin nie, lyk vir my irrelevant of is teenstrydig met die Nuwe Testament!
Eerstens moet ons sê dat die Ou en Nuwe Testament baie dieselfde boodskap het. Kyk na wat ek elders hieroor geskryf het (http://www.jimileroux.com/forum/topics/antwoord-op-ou-en-nuwe) : dit gaan basies oor ‘n lewe wat opreg in oorgawe en geloof in God gerig is, dit gaan oor genade en oor liefde.
Nogtans is die Ou Testament eerstens aan die Jode gerig en het dit baie te doen met die Joodse kultus: wette, feeste, offers, regulasies oor die tempel, ens. Daar is natuurlik ook baie geskiedenis, waarvan sommige meer interessant is (soos die verhale) en ander minder so (soos die lyste, geslagsregisters, ens.). Die Ou Testamentiese of Joodse geloof is egter nie langer op ons van toepassing nie, eerstens omdat ons nie Jode is nie, en tweedens omdat Christus ons van die wettisisme, vlees en eie pogings vrygemaak het (Rom 7-8). Ons geloof rus op die vertroue dat HY die wet volkome gehou het en dat ons, in HOM, geregverdig is en deur sy Gees gelei word in ‘n heilige lewe in. Ons sien bv. dat daar nie van die heidense Christene verwag word om ook Jode te word (bv. deur die besnydenis, wetsonderhouding, Sabbat, ens.) nie (Hand 15). Ons kan dus daardie dele in die Ou Testament lees vir die interessantheid, maar nie asof dit vir ons bindend is nie.
Dan is daar ook ‘n toenemende openbaring in die Skrif, en ons moet altyd die Ou Testament lees in die lig van die Nuwe Testament. Kyk bv. na:
Die Ou Testament is ook God se Woord en nie minderwaardig as sulks nie. Dit is die uitdrukking van God se wil in ‘n Joodse konteks. Ons kan baie daaruit leer: hoe God werk, wat gehoorsaamheid is, allerhande wysheid en dan ook die mooi van die Psalms. Ons herken ook ons eie wettiesheid daarin. Na Christus het alles egter verander. Nou verstaan ons die Ou Testament as dit wat ons na Christus toe gedryf het. As ons sonder Christus die Ou Testament lees, sal ons weer terugkeer na die armoedige en eerste beginsels (Gal 4:9-11) waarvan Hy ons juis kom verlos het.
Waardeer die Ou Testament en geniet dit - leer daaruit, maar weet dat alles uiteindelik oor Christus gaan.
Tags:
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur