Voel jy jou kennis en begrip van die Bybel is te skraps? Het jy behoefte aan 'n gids wat jou net dieper neem, sonder om te ingewikkeld te word? Deur die Woord is ‘n oorsig oor die hele Bybel oor ‘n jaar heen – van Genesis tot Openbaring, van Januarie tot Desember. Deur die Woord loop in 2012 gelyk aan ons dagstukkies (Padlangs deur die Woord) en behandel dieselfde materiaal, maar heelwat dieper.
Vir 45 weke reis ons deur die Woord.Ons vertrek in die Paradys, volg dan die geskiedenis van Israel, en kry ‘n prentjie van die wet van Moses. Dan staan ons stil by die poësie van die Ou Testament en die profete se verwagting. Dit lei ons na die Nuwe Testament, wat ons in die tweede helfte van die jaar sal doen. Eers die evangelies en Handelinge en dan die briewe: Paulus se reuse-bydrae en dan die ander apostels s’n. Ons eindig ons reis weer by die Boom van die Lewe, waar die regverdiges vir ewig sal lewe. God het alles reggemaak!
Kry INSIG in elke Bybelboek: waaroor dit gaan en hoe om dit te lees. Kry dan ook ‘n OORSIG oor die hele Woord: die hooftemas, die vloei, die groot boodskap. Die klem is op eenvoud, begrip en groei – wat die Woord vir ons hier sê, hoe om hierdie boek te verstaan. Alhoewel ons kursus Bybelkundig 100% verantwoordbaar is, gaan ons nie te diep in die wetenskaplike detail of teologie in nie. Werk deur jou eie Bybel aan die hand van Deur die Woord – merk al die “moet ken”-verse! Die doel van Deur die Woordis:
Inhoud
Ou Testament
Ons gaan deur die prehistoriese en historiese boeke, die regsboeke, die poëtiese boeke, die groot en klein geskrewe profete en die apokaliptiese materiaal uit Daniël. Dit bring ons by die Nuwe Testament, en ons sal wel die geskiedenis bespreek van die 200 jaar tussen die twee testamente.
Nuwe Testament
Ons behandel die evangelies, die geskiedenis van die boek Handelinge, Paulus se briewe, die ander apostels se briewe en die algemene briewe, en sluit af met die apokaliptiese boek Openbaring.
Reis saam deur God se Woord en groei in insig, waardering en vaardigheid. VERSTAAN waaroor die Bybel gaan! Laat die Heilige Gees dit vir jou oopmaak. Leer die Woord ken soos nooit tevore nie! Iewers in jou geestelike lewe moet jy 'n goeie kursus oor die Woord deurgaan - hierdie een help jou om in klein weeklikse paaiemente,sonder studie of eksaminering, 'n voëlvlug oor die Skrif te onderneem.
Die verfrissing, smaak en voeding van sitrus sal vir hierdie kursus ons tema wees. Vars sitruskleure sal ons aan ons dors na die Woord herinner. Die Woord deel met die soet en die suur, maar is altyd goed vir ons!
As jy op hierdie stadium nog wil inskryf (nadat die grootste groep in Januarie begin het), is jy welkom! Jy kan of van voor begin of die verskil in bydrae inbetaal om gelyk met die ander (en die dagstukkies) te wees. Skryf gerus in die verband.
Ons kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL
Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy (hierdie voorbeeld vertoon op twee plekke nie reg nie, maar ons kursus is reg!).
Tags:
Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit
© 2012 Created by Jimi le Roux.
Aangedryf deur