Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching


Geestelike Dissiplines (GD) volg ook op Geestelike Vorming, of op Die Heilige Gees. Dit is 'n bietjie meer gevorderd, volgens my. Gevorderd omdat dit dissipline behels. Ons wil mos geestelik wees, maar sonder dissiplines leef. Dis onmoontlik. Die lewe van 'n dissipel is om met die dissiplines van die Meester te leef. So gesien word die hele lewe 'n lewe van dissipelskap (m.a.w. van dissiplines) - 'n lewe van oorgawe aan God. Dit klink dalk baie moeilik, of onaantreklik, maar dit is juis bevrydend. Sonder dissiplines kan ons God nie beleef nie - dissiplines skep juis die ruimtes waarin ons die Here kan beleef. Dissiplines maak ons vry van onsself. Dit lei ons in 'n ruimte in waarin Hy meer word, en ek minder. Die temas is soos volg:

1) INLEIDING - Wat is Geestelike Dissiplines, wat is spiritualiteit, wat is liggaamlike dissiplines?
2) INNERLIKE DISSIPLINES - Ons kyk elke week na een van die volgende: Stilte, gebed, meditasie, blydskap, aanbidding;
3) UITERLIKE DISSIPLINES - Ons kyk elke week na een van die volgende: Afsondering, eenvoud, die Woord, vas, studie;
4) GEMEENSKAPLIKE DISSIPLINES - Ons kyk na gemeenskap, onderwerping, lyding, diens;
5) SLOT - Ons kyk na ons geestelike lewe - ons regula.

Die kursus is weereens Bybelstudies oor hierdie onderwerpe. Dit is sterk op groei gerig en help jou om 'n meer volwasse geestelike lewe te leef. Dit gee 'n kaart vir diegene wat na meer van die Here soek in hulle lewe.  Diegene wat hierdie kursus gedoen het, het dit baie waardevol gevind.

Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

 

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.


Views: 142

Attachments:

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service