Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Die eenvoudige waarheid is dat die rekeninge einde van die maand betaal moet word anders bestaan PADLANGS volgende maand nie meer nie. Wie gaan dit betaal? Toe ek met PADLANGS begin het was dit eers mos net 'n gedagtetjie of wat aan 'n paar vriende. Maar kort voor lank het dit gegroei en op 500 ingeskrewe lede het ek handdoek ingegooi. Wel, amper. Onthou, dit het behels om elke oggend eers 500 e-posse uit te stuur! Daar het my rekenaar ook ingegee. Dis toe dat ek besluit het dat mens dit beter kan doen. Ek het 'n brief aan die lede gestuur en gesê kom ons doen dit saam. Die reaksie was baie positief - mense het geld inbetaal en ek het op MailerMailer ingeskryf - waar ons nou nog is (maar dit kos... in dollars). 'n Goeie vriendin het 'n laptop geskenk - nou al opgebruik, maar 'n nuwe is weer geskenk  - dankie Here! Ek het hier en daar adverteer. Daarvandaan het die bediening gegroei. So af en toe, as die bydraes min word, het ek die finansies genoem. Op 'n stadium het ek die kursusse bygesit om nie net te vra nie, maar ook iets te gee. Dit het die inkomste begin stabiliseer en 'n regte bediening kon ontwikkel.  Aan die einde van 2009 het ons die groot stap geneem om voltyds met PADLANGS te gaan. PADLANGS is nog nie my hele inkomste nie - wens dit was!  Maryke kon wel afskaal by haar werk en gee nou twee dae van die week vir PADLANGS se admin.  Dis min of meer waar ons staan. Die dagstukkies gaan gratis bly, maar ons kan nie sonder die ondersteuning van ons vennote nie - onmooontlik.  Jou hande vat en commitment is deurslaggewend - soos met alle sendingorganisasies.... Lees meer.

R120 is 'n klein en volhoubare maandelikse "sendingbydrae" en bring dan ook vir elke vennoot 'n weeklikse kursusse wat hy kies, en dan is daar diegene wat ruimer bydra. Dankie!


Die geestelike sy van die bg. antwoord is doodeenvoudig dat die wat die evangelie verkondig van die evangelie mag leef - lees 1 Korintiërs 9:4-14, ook Matteus 10:7-10; Galasiërs 6:6.

1Co 9:4-14 (Message) We who are on missionary assignments for God have a right to decent accommodations, and we have a right to support for us and our families. You don't seem to have raised questions with the other apostles and our Master's brothers and Peter in these matters. So, why me? Is it just Barnabas and I who have to go it alone and pay our own way? Are soldiers self-employed? Are gardeners forbidden to eat vegetables from their own gardens? Don't milkmaids get to drink their fill from the pail? I'm not just sounding off because I'm irritated. This is all written in the scriptural law. Moses wrote, "Don't muzzle an ox to keep it from eating the grain when it's threshing." Do you think Moses' primary concern was the care of farm animals? Don't you think his concern extends to us? Of course. Farmers plow and thresh expecting something when the crop comes in. So if we have planted spiritual seed among you, is it out of line to expect a meal or two from you? Others demand plenty from you in these ways. Don't we who have never demanded deserve even more? But we're not going to start demanding now what we've always had a perfect right to. Our decision all along has been to put up with anything rather than to get in the way or detract from the Message of Christ. All I'm concerned with right now is that you not use our decision to take advantage of others, depriving them of what is rightly theirs. You know, don't you, that it's always been taken for granted that those who work in the Temple live off the proceeds of the Temple, and that those who offer sacrifices at the altar eat their meals from what has been sacrificed? Along the same lines, the Master directed that those who spread the Message be supported by those who believe the Message.

Mat 10:7-10 (1933 Vertaling) En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie; geen reissak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ‘n stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd.

Gal 6:6 (1933 Vertaling) Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.

Views: 26

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service