Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

 

Wil jy meer leer oor Jesus - hoe Hy geleef het, en wat die kern van sy boodskap was?

 

Jesus Notas is 'n kursus oor 40 weke oor Jesus Christus. 

Ontvang elke week vir min of meer 'n jaar dieper insig (kursusdele word per e-pos uitgestuur) oor die Meester. 

 

Ons kursus behels die volgende afdelings:

 

1) Die wêreld van Jesus - 'n inleiding in die fisieke, politieke, geestelike en kulturele Palestina van 2000 gelede.  Dit verskaf die setting waarbinne ons Jesus beter kan verstaan.

2) Die persoon van Jesus - 'n inleiding in Jesus se familie, vorming, roeping en lewensloop.  Jesus se bediening begin!

3) Die optrede van Jesus - in hierdie deel kyk ons na Jesus se geestelike lewe, sy wonders, sy verhoudings, sy emosies en sy verbintenis tot sy lewensdoel.

4) Die beginsels van Jesus - in hierdie deel (die langste deel) sal ons probeer om Jesus se kerngedagtes te isoleer.  Wat is regtig vir Jesus die ononderhandelbares? 

5) Die oproep van Jesus - in hierdie laaste deel sal ons kyk na Jesus se appèl op elke mens: wat vra Hy van my en jou?  Daarmee sluit ons af.

 

Met hierdie kursus behoort jy 'n baie dieper besef te kry van wie Jesus was, wat Hy gedoen het, en wat Hy vra.  Ek bid dat dit jou sal inspireer om in groter oorgawe aan die Meester te leef!

 

Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

 

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Om aan ons te skryf, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in op die hoofblad met die BLOU SKAKEL


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek of laai dit af by die skakels heel onder aan hierdie bladsy.

 

Views: 179

Attachments:

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur .

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service