Jimi  le Roux

spiritual coaching | life coaching

Hier is ons beleid.... in beginsel JA ASSEBLIEF, maar daar is 'n MAAR...

Stuur PADLANGS oordenkings gerus aan waar dit mense sal help en bemoedig of om die diens bekend te stel.  Ja, dit is immers 'n bediening...  Let egter op die volgende:  STUUR PADLANGS WYSLIK AAN.  Daarmee bedoel ek dat jy dit nie sal stuur aan iemand wat dit nie sal waardeer nie, veral nie op 'n gereelde basis nie.  Miskien dink jy jou aaklige baas kan doen om bietjie geestelike input te kry, maar van sy kant af kan hy dit sien as spam (wat dit vir hom is).  Hy kan al hoe kwater vir jou raak, of (nog erger) vir ons en besluit om die dagstukkies te unsubscribe.  Onthou, daar is 'n afteken-skakel onderaan elke dagstukkie en as hy daarop gekliek het is dit JOU adres wat afgeteken is, nie waar nie?  Nog erger, hy kan dit ook as Junk Mail of spam aanmeld. Dit kan veroorsaak dat ons adres gelys word by spamfilters en baie mense se dagstukkies geblokkeer word en in die meeste gevalle permanent verwyder word van Padlangs. Wyslik, wyslik....

 

BELANGRIK

Die oordenkings mag glad nie op 'n gereelde basis aan groepe mense verskaf word as 'n diens nie, en mag uiteraard nie verkoop word of vir finansiële voordeel gebruik word nie. Die oordenkings mag glad nie verander word alvorens dit aangestuur word nie - forward dit net so. 

 

Dit is nog beter om belangstellendes na ons webruimte te verwys sodat hulle self kan inskryf.

Die kursusse wat ons uitstuur aan ons ondersteun-vennote mag geheel en al nie gekopieer of versprei word sonder geskrewe toestemming nie. Natuurlik mag jy dit gebruik om mee te preek, te leer, kleingroepe te lei of andersins te bedien of te bemoedig - dis immers die evangelie - maar jy mag dit nie kopieer en aan ander uitdeel nie. Dit is iemand se inkomste. Wees 'n Christen - leef met integriteit.

Reëls vir gebruik van kursusse in die kleingroep
.

'n Oorsig oor ons kursusse

 

Views: 7

Antwoorde op hierdie bespreking is gesluit

© 2012   Created by Jimi le Roux.   Aangedryf deur

Jimi le Roux-wapens  |  Report an Issue  |  Terms of Service