Kan ek jul kursusse in die kleingroep gebruik?


Kan ek jul kursusse in die kleingroep gebruik?

Mag ons kursusse in die kleingroep gebruik word? Sekerlik - dis ideaal daarvoor! Maar ons het 'n paar reëls:

Wat die gebruik van kursusse in kleingroepe betref is ons beleid soos volg:

1. Jy mag die kursus in jou kleingroep gebruik, maar jy mag dit nie weekliks aan 'n groep mense uitstuur nie. Ons kursusse is ons inkomste, ons brood en botter. Dit gaan aan diegene wat ons bediening ondersteun.

2. Lig ons asb. in as julle die kursus in julle groep gaan doen. Ons wil saam met julle reis en hoor hoe dit gaan en wat die groep se insette was.

3. Betaling. Dis moeilik om een betaalstruktuur vir alle groepe voor te skryf. Ideaal-gesproke dra elke groeplid by vir sy eie inskrywing en eie materiaal (tans R150 pm, vir vier weeklikse dele), maar dit gebeur ook dat sommige groeplede nie in die posisie is of gretig om dit te doen nie. Daarom stel ons die volgende opsies voor:

  • Groeplede betaal R100 p.m. As sekere groeplede in so 'n groep nie in die vermoë is om dit te kan betaal nie, kan hulle 'n verminderde bydrae betaal of daarvan vrygestel word, volgens die oordeel van die leier.
  • Kontak ons andersins vir 'n pasgemaakte oplossing vir jou groep. Ons probeer om 'n balans te vind tussen die bediening van die Woord, ons inkomste en volhoubaarheid en jou groep se behoeftes.
  • Die groepleier samel die bydraes in en betaal dit as een inskrywing oor. Bydraes is maandeliks vooruitbetaalbaar, soos met al ons kursusse.

4. Stuur asb. 'n lys van die kleingroeplede aan, met hulle epos-adresse. Ons wil hulle na 'n uitnooi om op ons dagstukkies in te skryf. As hulle by voorbaat wil inskryf, des te beter! Veral diegene wat nie kan bekostig om maandeliks die kursusfooi te betaal nie, kan op hierdie manier "betaal".

5. Kursusmateriaal: Kursusdele word weekliks uitgestuur soos met al ons kursusse. By uitsondering sal ons die hele kursus eenmalig aan sommige (groot) groepe verskaf teen die volle koste, maar ons verkies om dit weekliks te doen. Die kursusleier ontvang die materiaal in ‘n sagte (elektroniese) formaat, en mag weekliks aan elke lid 'n harde kopie uitdruk en uitdeel, op die volgende streng voorwaardes:

  • die kursusmateriaal mag nie in sagte formaat (elektronies, bv. op CD, geheuestafie, ens.) uitgedeel word nie. Hulle moet hulle kursusdele fisies by die kleingroep kry;
  • die kursusmateriaal mag in geen omstandighede verander word nie. Dit moet net so gedruk of gekopieer word, sonder enige wysigings of uitwissings. Veral die outeur, webruimte en kopiereg-kennisgewing moet vertoon net soos dit is;
  • die kursusmateriaal mag in geen omstandighede herverkoop word nie. Kursuslede mag bydra tot die admin- of ander kostes van die groep, maar hulle ontvang hulle materiaal van ons (via die leier), teen die bedrag wat ons op ooreengekom het. Om ons materiaal op enige wyse te herverkoop is 'n ernstige oortreding.

6. Kursusleiers (wat ons beskou as die persoon aan wie ons die materiaal stuur) aanvaar hierdie beleid en neem verantwoordelikheid om dit ten beste so deur te voer. Bydraes moet steeds nie as betaling gesien word nie, maar as ondersteuning wat ‘n bediening moontlik maak.

7. Sekere kursusse is veral geskik vir groepe of vir kampe!

  • Die Man-kursus is ideaal vir 'n mannegroep of 'n mannekamp.
  • Veertig Vroue is ideaal vir vroue-groepe.
  • Neem Leierskap (wat 'n GRATIS kursus is) is ideaal vir die leiersgroep of 'n leierskamp.
  • HuwelikPLUS is ideaal vir getroude pare en kan ook gebruik word vir 'n huweliksnaweek.

Doen ook navraag as jy wil hê dat Jimi, 'n geregistreerde coach en mentor, 'n naweekkamp vir julle moet kom aanbied.

8. Ons kursus Kleingroep-dinamiek gee deeglike toerusting oor kleingroep-leiding en is GRATIS aan kleingroepleiers wat ook 'n ander kursus by ons bestel en betaal. Kliek hier vir meer info.

9. Kontak ons gerus vir verdere navrae.

10. Kyk na al ons kursusse hier.

Geniet julle kursus!

Waarom dan die reëls?

1) om ons kursusse te beskerm teen verandering en die standaard hoog te hou;

2) om ons reg uit te oefen om as outeur van die materiaal erken te word;

3) om die inkomstebron van ons bediening te beskerm.

Ons vertrou dat elkeen sal verstaan dat sulke reëls nodig is. Eer asb. met integriteit die feit dat ander uit hierdie bediening werk en leef. Al ons ander bedieninge gaan verniet uit, maar ons kursusse finansier ons bediening. Baie dankie.

.