Innerlike Heling


Innerlike Heling

Gaan op ‘n helende reis

Wat is die oorsaak van innerlike probleme? Vanwaar my bagasie, my onrus en emosionele laste? Hierdie kursus bespreek hierdie kwessies. Die kursus is in twee dele saamgestel. Die eerste deel beweeg deur die temas wat jou persoonlik na genesing kan lei. Ons bespreek eers die tema en gee dan toepassingstake, sodat jy self daardeur kan werl. Ons temas is soos volg:

Temas - Deel Een

1. Geskep vir Heelheid – God se oorspronklike ontwerp vir die menslike siel
2. Die Wonde van die Sondeval – Die oorsprong van alle gebrokenheid, asook my eie
3. Die Gewonde Hart – Die erkenning en identifisering van ons pyn
4. Verberging of Verantwoordelikheid – Die keerpunt op my reis na genesing
5. Die Geheim van die Genogram – Dit wat my familie verklap van wie ek is en wat ek beleef
6. Die Pad van Vergifnis – Vergiffenis as sentraal tot my genesing, en hoe dit werk
7. Om Leuens te Ontmasker – Beperkende gedagtes teenoor bevrydende waarhede
8. Die Heilige Gees en Innerlike Genesing – Die medewerking van die Trooster en Raadgewer
9. Lewe in Vryheid: Genesende Gewoontes – Deurlopende sielesorg en geestelike krag
10. Die Geestelike Reis – Die geestelike reis... waar staan jy nou?

Vir die wat wil voortgaan, is daar ook 'n Deel Twee beskikbaar, 'n kort inleiding in pastorale beraad. Dis vir die wat so 'n proses wil verstaan en met vrug gebruik word in gemeentes as inleidende opleiding vir pastorale werkers, "luisteraars" en die wat besoekwerk doen. Die klem is op persoonlike innerlike probleme - nie op verhoudings of krisisse nie. Die temas wat ons dek is die volgende:

Temas - Deel Twee

1. Probleme - Die ontstaan en vaslegging van innerlike probleme
2. Proses - Agtergrond by die beradingsproses en -fases
3. Klimaat - Die klimaat wat tot heling aanleiding kan gee
4. Luister - Die waarde en tegniek om intensioneel te luister
5. Liefde - Empatie, aanvaarding en gemeenskap
6. Krisis - Krisisberaad
7. Oorsig - Skep 'n storiebord van jou lewe
8. Heling - Leef na ‘n lewe van groei en heelheid toe

Die kursus word weekliks per e-pos uitgestuur oor 18 weke. Kontak ons wat die bydrae betref.


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.